Kanna se werktuie maak boerdery maklik

kanna 1
“Al waaroor ek spyt is met Kanna se wolpers, is dat ek hom nie al twintig jaar gelede gekry het nie,” vertel Bertie Swanepoel van die plaas Zuurfontein naby Smithfield. Hy skeer so 4 000 skape op ’n slag en om die vragte wol in bale te verpak is ’n groot uitdaging. Met Kanna Industries se wolpers bespaar hy baie tyd en arbeid en die wol is skoner.
“Vroeër het die werkers altyd eers die wol getrap voor jy die bale in die pers kon sit, nou is dit nie meer nodig nie, want dit laai maklik in en word stewiger as ooit saamgepers,” sê hy.
Hy sê gewoonlik het hulle nog dae lank gebaal nadat die skeerders die plaas verlaat het, maar nou is hulle omtrent gelyk klaar.
“Jy weet ook presies hoeveel wol jy weg stuur, want elke baal word akkuraat geweeg. ’n Ander voordeel is dat jy jou bale almal presies ewe lank kan maak, so dit is makliker om op die trok te stapel.”
Met die Kanna-wolpers verpak een operateur vier tot ses bale van tot 220 kg elk per uur. Hierdie swaarder, kompakter bale bespaar vir die boer geld, want hy het nou minder baalsakke nodig om sy hele skeersel te verpak, minder bale om te laai, maar meer tonne wol wat verkoop kan word.
Nog ’n voordeel is dat die pers op wiele staan en moeiteloos aangerol kan word na waar jy ook al met hom wil werk. Kliek hier oom meer te lees oor die perfekte wolpers.
Kanna skitter met nog produkte
Benewens die wolpers het Kanna ook ’n hele reeks ander nuwe produkte wat boere ook eersdaag by NAMPO sal kan bekyk, soos:
Kanna se Katoenbaallaaier word deur ’n trekker gesleep. ’n Vurk sak langs die wa om die baal op te tel en dan sak ’n steunwiel wat ondersteuning bied sodat die wa nie omval as die baal van 3 ton opgelig word nie. ’n Vervoerband voer die baal na agter op die wa om plek te maak vir die volgende een van die vier wat die wa dra. Vir aflaai kantel die wabed na agter en die vervoerband stoot die bale af. Dit neem so tien minute om vier bale op te laai en minder as ’n minuut om af te laai.
Kliek hier om meer te lees oor Kanna se katoenbaallaaier.
Kanna se Grootblokbaallaaier se disselboom skuif sodat die masjien agter, langs die trekker loop. Twee grypers knyp dan die baal vas, tel dit op en laat gly dit af met die wabed wat teen ’n helling lê. Die masjien laai vyf tot ses bale van so 650 kg elk, afhangende van die grootte. Aflaai is net so maklik: Die bed met bale op kantel 90 grade om die bale regop te stapel. (Die masjien is tans in ’n toetsproses.)
Kanna se Kerwer is ’n nuttige masjien wat enige sagte materiaal soos papier, plastiek, sagte hout en selfs vleis woerts-warts in groottes van 16 tot 25 mm sny. Sy voeropening is 550 x 450 mm groot en die koper kan kies watter sterkte aandrywing hy wil hê.
Vir meer inligting, praat met Willa Nolte by 072-333-1051 of e-pos willa@kannaindustries.co.za. Gaan kyk ook by www.kannaindustries.co.za na Kanna se ander nuttige werktuie vir die boer.

Kanna-wolpers

Kanna-katoenbaallaaier