Kaap Agri akademie se studente blink uit

kaap agri
AGTER: Ronald van Schalkwyk, Hilton Papier Johannes Job en Wayne Mansfield VOOR: Dr Fanny Phetla (Waarnemende Hoofbestuurder van die AgriSETA), Jaqueline van der Poll, Tasneem Sulaiman-Bray, Manley Adams en Darryl Jacobs
Op 23 November het Kaap Agri Akademie in Porterville ’n spoggeleentheid gereël om sertifikate aan suksesvolle studente te oorhandig.
Die Akademie gaan reeds sedert sy ontstaan in 2009 van krag tot krag. Verskeie studente wat reeds die Boerdery-ontwikkelingsprogram voltooi het, het hulself intussen as kommersiële boere gevestig.
Die BathoPele-ontwikkelingsinstituut is reeds van die begin af deur die Akademie as diensverskaffers aangewys en speel ’n betekenisvolle rol in die Akademie se sukses.
In 2017 het die Akademie twee programme aangebied, naamlik ’n program in boerderypraktyk op NQF vlak 2, en ’n leerlingskap in lewendehawe-bestuur op NQF vlak 3.
Die Akademie werk sedert 2016 saam met die Departement van Landbou in die Wes-Kaap en daarom was dit gepas dat die hooftoespraak by die oorhandiging-seremonie deur mnr Darryl Jacobs, die Adjunk-Direkteurgeneraal van die Departement, gelewer is.
Sy boodskap aan die studente was baie inspirerend en hy het benadruk hoe belangrik dit vir boere is om aktief by hul boerdery betrokke te wees en om praktyke met verantwoordelikheid toe te pas.
As deel van die seremonie het 21 studente sertifikate ontvang vir die suksesvolle voltooiing van die Program in Boerderypraktyk, en 16 studente wat die Program in Lewendehaweboerdery voltooi het, het ook sertifikate ontvang.
Studente wat uitgeblink het, het toekennings vir hul besondere prestasies ontvang.
Die volgende toekennings is oorhandig:
Program in Boerderypraktyk
Spesiale toekenning: Elizabeth Josephus
Merietetoekennings: Johannes Job
Wayne Mansfield
Toppresteerdertoekenning: Manley Adams
Program in Lewendehaweboerdery
Spesiale toekenning: Michael van Wyk
Merietetoekennings: Ronald van Schalkwyk & Hilton Papier
Toppresteerdertoekenning: Jaqueline van der Poll