John Deere: SA's werk jy met 'n snyskyf in die klip
Dit is wanneer klip jou vriend word en jy nie meer teen hom baklei nie, dat jy kan vorentoe boer in die Rûens naby Caledon. “Die oumense het mos gesê die klip groei in hierdie wêreld, want waar jy vanjaar uitploeg is dubbeld soveel klip volgende jaar,” gesels Kobus Wessels, ’n voorloperboer in die omgewing.
Kobus het deur jare se navorsing en nuwe denke ’n manier gevind om in die klipwêreld teen die hellings van die plaas ’n stelsel te ontwikkel wat hom toelaat om geenbewerking toe te pas met voldoende onkruidbeheer ondanks die berugte onkruidoderweerstand van grasse in die Wes-Kaap. Die regte toerusting saam met ’n wisselboustelsel is sy geheim.
Hy sit rustig terug in die kajuit van sy John Deere 4wd-trekker sodat die AutoTrac sy werk kan doen. Saam met die AutoTrac wat die pad vind teen die hellings uit om te sorg dat elke stukkie van die land beplant word, maak die Section Command-opsie van die 1895-John Deere lugdruksaaier met sy 1910-saadkis seker dat daar nêrens dubbeld gesaai word nie. Die seksiebeheer werk soos dié van ’n presisiespuit wat sorg dat daar geen oorvleueling is nie. Met ’n draai op die wenakker word daar dus geen saad en kunsmis vermors nie. Kobus sê hy bespaar ses persent op saad en kunsmis.
Dit is egter nie al wat uniek is aan die saaier nie. As deel van Kobus se doelwit om saam met die natuur te boer, word daar geen tandbewerking gedoen nie. Elkeen van die 52 saaiereenhede van die 13,1 meter breë masjien het ’n snyskyf wat die plantvoor maak waarin die saad gesaai word. Nog ’n unieke deel van die aksie is dat die saad met ’n wiel in die voor vasgedruk word vir die bevordering van grondkontak voor die toetrapwiel sy werk doen. Anders as met ’n tand, bring die snyskyf nie die klippe boontoe nie en vind die minimum grondversteuring plaas.
Na elke tweede plantereenheid is daar ’n identiese eenheid wat sorg vir die plasing van korrelkunsmis sodat die stikstof in die grond beskikbaar is vir wortelontwikkeling sonder om die saad te brand. Die kunsmis kan dieper as die saad geplaas word.
Veranderlike kunsmistoediening op grond van ’n volledige presisiekaart is ook moontlik met die stelsel. Dit is vir Kobus baie belangrik omdat hy nie van kunsmismengsels gebruik maak nie, maar net die regte hoeveelheid stikstof en fosfaat plaas. Hy het ook die masjien aangepas om voorsiening te maak vir die plasing van vloeibare stikstof saam met die saad.
Kobus sê mense in die omgewing was skepties toe hy van minimumbewerking met ’n tand na geenbewerking met ’n snyskyf in die klipwêreld beweeg, maar hy pluk na twee seisoene alreeds die vrugte met betrekking tot beter grondstruktuur, voghouvermoë en “jy kan sien daar is weer erdwurms in die grond”. Die koolstofvlakke van sy grond is baie hoër as wat dit vroeër was.
Die indrukwekkende John Deere-trein met ’n 4WD-trekker, 1910-saad- en kunsmiskar en 1895-snyskyfsaaier baan sy weg presies teen die kliprante van die Rûens vir presisieplasing van kunsmis en saad terwyl brandstof bespaar word. (Foto: SkyhookSA)

Kyk net die erdwurms hier, beduie Kobus Wessels van Caledon. Wanneer jy saam met klip boer, kan dit selfs as ’n deklaag op die grond dien wat ook die druppels breek wanneer dit hard reën sodat dit nie die grond verspoel nie, maar eerder indring.
Wanneer daar wyd en vinnig gewerk moet word, wil ’n boer ook nie elke halfuur gaan volmaak nie en dit is waarom John Deere se reuse 1910-saad- en kunsmiskar so goed saam met die 1895-saaimasjien werk. Daar is ’n wye verskeidenheid keuses van tenkgroottes om aan te pas by die boer se behoeftes, en die kar kan agter die planter loop of tussen die trekker en planter soos by Kobus.
“Met skuinstes soos hierdie is die agterkant van die wye toerusting geneig om te gly; hy gee so ’n gatweggooi, soos die mense hier sê,” vertel Kobus. “As die kar agter loop, vererger dit die gly van die werktuig.”
Volmaak is ook baie maklik met ’n vervoerband wat met ’n teleskopiese arm aan die saadkis geheg is en elektronies beheer kan word sodat minder mannekrag nodig is vir die volmaakproses.
Spoed is een van die groot voordele van die hele stelsel: Waar Kobus vroeër teen ongeveer 6 km/h met sy tandwerktuig geplant het, kan hy nou, afhangende van die terrein, teen tot 10 km/h plant. Die plantspoed is moontlik omdat die snyskyf, nie soos ’n tand grond oorgooi nie. Die netjiese en gladde afwerking van die veld beïndruk hom ook, want dit maak spuit- en stroopwerk later makliker.
Brandstofbeparing is die ander groot voordeel en Kobus gebruik nou net 5 liter per hektaar teenoor sy vroeëre 8 liter per hektaar. Die skyfsaaier se rye is nader aan mekaar (250 mm), maar die kW vereistes is slegs 3 kW per ry.
’n Boer het ook ’n wye keuse van saaddiepteplasing, wat beteken jy kan die saad plaas waar die vog is. Kobus is eintlik verstom oor die opkoms van sy koring wat hy drie weke gelede in droë grond geplant het en hy skryf dit toe aan sy geenbewerkingstelsel en John Deere se goeie toerusting. “Hierdie konsep, die 1895-planter met die 1910-saad- en kunsmiskar is in my oë ’n wenner.”
Vir meer inligting oor die wenresep, kontak Carel Theron by 082-802-2209
082-802-2209 of TheronCarel@JohnDeere.com.

Die span wat Kobus Wessels (tweede van regs) ondersteun met die nodige toerusting is Johan Nel van Agrico op Caledon, Koos van Jaarsveld, John Deere se areabestuurder en Abrie Visser, meganisasiediensbestuurder van Agrico.

Die skyfsaaier vou op vir maklike beweging tussen lande.
.jpg)
Presisie op sy beste! Met Section Control is daar geen vermorsing van saad en kunsmis op die wenakker nie, want die toevoer sluit af wanneer daar oor ’n deel beweeg word wat ree
ds beplant is.

Hierdie koring is net voor Nampo in kurkdroë grond geplant en Kobus Wessels is verstom oor die goeie, eenvormige stand. Gesonde grond en goeie toerusting is sy geheim.
Kobus Wessels se gewasrotasiestelsel werk oor ’n tydperk van twaalf jaar en sy plaas is in twaalfdes verdeel sodat daar elke jaar iets van alles is. ’n Land kry vir vyf jaar lusern en daarna volg aanplantings van koring, kanola, koring, erte, koring, kanola en koring vir doeltreffende onkruidbeheer en vir voldoende voerproduksie vir sy Merinokudde en -stoet op die plaas.
