Categories: Artikels, MeganisasiePublished On: 30th November 2021

John Deere gee erkenning aan sy handelaars

By 5 min read
1028 words

jd nuut 1

Jaco Beyers, besturende direkteur van John Deere Afrika Midde Ooste, sê ’n John Deere-aankoop moenie as ’n uitgawe gesien word nie, maar as waardetoevoeging.

John Deere is die voorloper in teg­nologiese vooruitgang in die land­boubedryf en open ‘n hele nuwe wêreld van presisiemoontlikhede vir boere wat vertroud is met hulle stelsels. Met die ondersteuning van John Deere se kun­dige personeel kan boere John Deere se gesofistikeerde masjinerie ten volle benut om die meeste uit elke hektaar waarop geboer word, te haal.

John Deere glo in aanhouer wen en ondanks die uitdagings van die af­gelope twee jaar, het die John Deere-span soos altyd hulle merk in die bedryf gelaat.

Die verhoog was gereed om erken­ning te gee aan die bestes in die bedryf met die jaarlikse John Deere-toeken­ningsgeleentheid. Die geleentheid is by Raddison Hotel en Konferensiesentrum in Kemptonpark gehou en deelnemers en aanspraakmakers het van regoor Suid-Afrika opgedaag. Geklee in hulle beste was die spanning in die lug tas­baar. Maande se opleiding, navorsing en eksamens het uitgeloop op die oomblik waarvoor almal gewag het … die John Deere-toekenningseremonie 2021.

Andries Vermeulen het die seremo­nie gelei en seker gemaak die dag is gevul met pure plesier, lag en samesyn. Hierdie spoggeleentheid het ՚n paar jaar gelede ontstaan om erkenning te gee aan die toptegnici wat boere ondersteun en bystaan in die veld en het uitgebrei na verskeie ander diensprestasies.

“Dit is die mense van John Deere wat die verskil maak en sorg dat groen die kleur van gehalte en diens aan landbou is,” was Jaco Beyers, besturende direk­teur, John Deere Afrika Midde Ooste, se woorde by vanjaar se John Deere-toekenningsgeleentheid.

Jaco sê dit is vir John Deere belangrik dat ’n boer nie ’n John Deere-aankoop as ’n uitgawe moet sien nie, maar as waardetoevoeging tot sy boerdery. Die span van John Deere, vanaf die verkoopspersoon, die sakespan in die kantoor wat die boer se finansieringsaansoek hanteer, tot die tegnici en onderdelekundiges wat naverkopediens moet lewer, is almal daar om te help om waarde toe te voeg.

Jaco Beyers, besturende direkteur, saam met Hentie Breedt, bemarking- en kommunikasiebestuurder van John Deere, by die enorme 9R-reeks trekker.

“Dit is mense wat die kos eet wat die boere produseer. Dit is mense wat toe­rusting koop en verkoop.” Jaco Beyers sluit af en bedank die John Deere-span met die volgende woorde: “Ons hande­laars is een van ons unieke kenmerke. Julle toewyding aan ons kliënte is van onskatbare waarde.”

Die drie kernwaardes wat John Deere plaas toe neem is gehalteprodukte, ’n persoonlike ondersteuningsnetwerk en die nuutste John Deere-presisieboerderytegnologie.

Die wenspan by John Deere se spoggeleentheid.

Toekennings

Tegnikus van die Jaar

Dit is die manne wat alles moet ver­staan nog voor dit in die land inkom, want tegnologie is net so sterk soos die kundigheid van die tegnici wat dit in stand moet hou.

Na ’n taai stryd is die Top Vyf Tegnici waaruit die wenner gekroon moet word, aangewys. Albert Landman van Senwes Wolmaransstad, Arno Bornman van AFGRI Polokwane, Tiaan Oosthuizen van AFGRI Polokwane, Izak de Lange van AFGRI Delmas en Matthew King van Senwes Bothaville het deurgedring na die finale rondte.

Albert Landman was derde, Arno Bornman, wat nou al ’n paar jaar lank in die finale rondte eindig, was tweede, en Tiaan Oosthuizen het met die groot toekenning en R100 000-kontantprys weggestap.

Die top vyf tegnici. Izak de Lange, Arno Bornman, Tiaan Oosthuizen, Albert Landman en Matthew King.

PowerGard™-topverkoper van die Jaar

In die derde plek is Philip Human van AFGRI Standerton, in die tweede plek Attie Diedericks van AFGRI Polokwane en Peet Vorster van AFGRI Delmas het met louere weggestap.

Dankietoekenning

Die Jacky Pretorius Extra Mile-dankie­toekenning is toegeken aan Cora van der Merwe, rekeningkredietbestuurder van John Deere vir haar jarelange ge­troue diens en toewyding.

Tiaan Oosthuizen, tegnikus van die jaar.

Werkswinkel van die Jaar

In die derde plek is Senwes Hoopstad aangewys, AFGRI Middelburg was tweede en die Werkswinkel van die Jaar is AFGRI Bethlehem.

Handelaar van die Jaar (enkeltak)

AFGRI Botswana behaal die derde plek, Hoffman’s in Namibië die tweede plek en die wenners is Swazi Track van Eswatini.

Handelaar van die Jaar (multitak)

In die derde plek is AFGRI Suid, in die tweede plek AFGRI Noord en GWK stap weg met die eerste prys.

Peet Vorster ontvang drie toekennings op John Deere se toekenningsge-leentheid. Twee tweede plekke in die kategorieë, Klein en Groot Landboutoerusting Topverkoper, en hy is aangewys as die PowerGard™-Topverkoper van die Jaar.

Onderdelespesialis van die Jaar

Al die onderdele in die wêreld sal niks help as dit nie ondersteun word deur onderdelespesialiste wat weet waar en hoe om die regte onderdeel te vind en te sorg dat daar altyd genoeg voorraad gereed is nie. Die onderdelespesialiste moes ook deur ’n streng toetsproses gaan om deur te dring tot die uitgelese Top Ses-groep, naamlik Deon Britz van AFGRI Malmesbury, Jaco Wessels van AFGRI Marquard, Stephanus Fouché van AFGRI Grootvlei, Morné Cloete van AFGRI Polokwane, Johan van Art van AFGRI Grootvlei en Wynand Pretorius van AFGRI Polokwane.

Die top drie is Stephanus Fouché van AFGRI Grootvlei in die derde plek, Deon Britz van AFGRI Malmesbury in die tweede plek en Jaco Wessels van AFGRI Marquard, wat (vir die derde keer!) as Onderdelespesialis van die Jaar aangewys is.

Die Sake-ontwikkelingsbestuurder (BDO) van die Jaar is Riaan Smith. Eddie Schuler het tweede plek behaal en die gesamentlike derde plek is toegeken aan Marthie Botha en Lizette Nichols.

Die Besigheidsanalis-toekenning (BA) is toegeken aan Dikeledi Mokwena.

Top John Deere-verkopers

John Deere se mikpunt jaar na jaar is om sy markaandeel vir groot en klein landboutoerusting te vergroot. Die uitdaging aan die tophandelaars is om dit van die vorige jaar se persentasie­punt verder te verhoog.

Die topverkopers van klein land­boutoerusting is Wessel Visagie van Senwes Wesselsbron in die eerste plek, Peet Vorster van AFGRI Delmas in die tweede plek, en in derde plek Eddie Fryer van Senwes Hartswater.

In die kategorie van topverkopers van groot landboutoerusting was Kwek Dietrichsen van Senwes Hoopstad die wenner, Peet Vorster was hier ook tweede en André Botha van GWK Douglas het die derde plek behaal.

Benut John Deere se persoonlike diens by jou naaste handelaar of besoek https://www.deere.com/sub-saharan/en/om na die groen spyskaart te kyk.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0