John Deere bied betroubaarheid en waarde vir jou plaas

DSC_0706
Om John Deere-toerusting aan te skaf gaan oor baie meer as net nog ’n masjien op jou plaas. John Deere staan vir betroubaarheid en waarde, en almal weet goedkoop koop is duur koop. Met die aankoop van John Deere-masjinerie weet jy dat jou belegging vir jou wins sal bring.
Die John Deere- en Afgri-span het weer hierdie jaar se Balfour Hooidag bygewoon, met Afgri wat een van die hoofborge was. Vanjaar is die hooidag op ’n nuwe perseel aangebied en Ettiene Meyer, bemarkingsbestuurder vir Afgri Equipment, het vertel hulle was baie gelukkig met die opkoms.
John Deere het ook by hierdie hooidag hul nuwe F441M-baler aan boere bekend gestel. Die F441M is ’n baler vir verskillende gewasse wat ideaal is vir medium tot lae volume bedrywighede waar min tyd soms beteken dat jy hoë kapasiteit en spoed nodig het.
- Niel Ackerman is ’n bemarker by Afgri Equipment Grootvlei raai boere aan om in John Deere te belê.
- DK Mashau, areabestuurder vir John Deere Suid-Afrika vertel dat John Deere altyd parte beskikbaar het.
Watter waarde bied John Deere jou?
Wanneer jy aan John Deere dink, dan moet jy aan waarde op jou plaas dink. John Deere se senior areabestuurder vir die noorde en suide, Dewald van Heerden, het verduidelik hoekom John Deere sinoniem is met waarde.
“John Deere is altyd daar om saam met die boer vooruit te boer, so ons spandeer baie koste aan navorsing om ons produkte op die ou einde van die dag vir die boer beter te maak. Ons wil hê ons produkte moet help met kostebesparing, vinnig in die lande werk en die boer moet seker wees dat dit wat op die land gelos word, vir hom die meeste geld terugbring na sy sak toe, of dit nou kom by plant, spuit of stroop,” het hy vertel.
John Deere wil verseker dat waarde gekoppel word aan jou produk vanaf die dag wat hy op jou plaas aankom totdat jy weer ontslae raak van hom.
“Elke produk wat ons in die land inbring het ’n spesifieke doel en is gebou vir Suid-Afrikaanse omstandighede. Elke produk word deegliks getoets voordat hy op die mark gesit word om te verseker dat hy gebou is vir die spesifieke areas, omstandighed en kondisies,” het Dewald gesê.
- John Deere se senior area- bestuurder vir die noorde en suide, Dewald van Heerden, vertel dat John Deere se produkte gemaak is vir Suid-Afrikaanse boere.
- Ettiene Meyer, bemarkings- bestuurder vir Afgri Equipment.
Jou boerdery moet nie stilstaan nie
By John Deere weet hulle tyd kos geld, en ’n trekker wat staan kan jou boerdery laat stilstaan. Daarom maak hulle seker dat daar vrylik parte beskikbaar is.
DK Mashau, areabestuurder vir John Deere Suid-Afrika, het vertel dat die beskikbaarheid van onderdele in Suid- Afrika iets is wat John Deere uiters ernstig opneem.
“Ons glo daarin om ons kliënte deur die volle lewensduur van hul masjiene te ondersteun. Met ’n toegewyde partestoor in Johannesburg en verskeie handelaars regoor Suid-Afrika, is ons toegerus om ons kliënte in die veld te ondersteun,” het hy gesê. Daar is ook stelsels in plek om te verseker dat handelaars genoeg voorraad aanhou van parte wat algemeen benodig word. Sodoende hoef ’n boer nie te wag om sy part in die hande te kry nie. In dringende gevalle kan boere ook self parte by John Deere se stoor in Johannesburg gaan afhaal.
“By John Deere glo ons daaraan om altyd die regte onderdele op die regte tyd te hê,” sê DK.
John Deere regoor Suid-Afrika
Niel Ackerman is ’n bemarker by Afgri Equipment Grootvlei en met 24 jaar se ondervinding is hy trots om te sê dat John Deere een van die grootste voetspore in Suid-Afrika het.
“Ons het handelaars regoor Suid-Afrika wat die produkte verkoop wat die boere nodig het, asook ’n volgepakte partestoor om die trekkers aan die gang te hou. Ons boere en hul boerderye is vir ons die belangrikste, ons wil so min as moontlik staantyd hê,” het hy gesê.
Omdat John Deere self hul enjins bou, kan hulle waarborg dat die enjins spesifiek gebou word vir landboutake wat beteken boere kan op laer RPM’s hoër wringkrag kry. Dit is ook die rede waarom John Deere se dieselverbruik so ekonomies is.
“Ek sal mense aanraai om John Deere te kies, want ons het ’n groot voetspoor in die land, daar is baie verskillende handelaars, ons parte is maklik verkrygbaar en ons masjiene is kwaliteit,” het Niel gesê.
Indien jy op soek is na waarde vir jou geld en masjiene wat vir jou en jou boerdery werk, kan jy John Deere se webtuiste besoek by www.afgriequipment.co.za










