Categories: NewsPublished On: 20th June 2016

Jacaranda Landbouskou span kragte saam met Boere in Nood

By 1 min read
224 words

20160603_102007sml

Die Jacaranda Landbouskou, wat vanaf 24 tot 28 Augustus by die Tshwane Events Centre (voorheen Pretoria Skouterrein) aangebied word, span vanjaar kragte saam met Boere in Nood om ‘n verskil te maak vir boere wat deur die deurlopende droogte geraak word.

Tydens die skou word twee konserte met voorste Suid-Afrikaanse kunstenaars ten bate van Boere in Nood aangebied en ‘n persentasie van die skou se hekgeld word ook aan die organisasie geskenk. Saam met die konserte word daar gepoog om borge te soek om voer / fondse aan Boere in Nood te skenk. Die doel is om drie trokke wat op die skouterrein sal wees, vol te maak met voer. Na afloop van die skou sal die voer aan boere in nood versprei word.

In aanloop tot die skou het die skouvennoot, Voermol, 464 blokke lek van 11,5 ton aan boere in die Mareetsane gebied geskenk.

Vir meer inligting oor die Jacaranda Landbouskou, insluitend inligting vir uitstallers, borgskapsgeleenthede en die landbouprogram, besoek www.jacarandashow.co.za.

Foto: In aanloop tot die skou het skouvennoot, Voermol, 464 blokke lek van 11,5 ton aan boere in die Mareetsane gebied geskenk.

Agter: Anene Potgieter,  Boere In Nood- konsertorganiseerder by die Jacaranda Skou, Mark Barlow, streeksbestuurder van Voermol SA, Petro Ferreira, skoubestuurder Jacaranda Skou, Wim Du Toit, hoofuitvoerende beampte van Tshwabac.

Voor: Lawrence Mokele, vragmotorbestuurder van Volvo SA vir Boere In Nood.

Bron: Roundtree Communications

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0