Is jy opsoek na kwaliteit Bosvelder genetika? Soek nie verder as Inni-Bos Bosvelders

WhatsApp Image 2023-07-14 at 15.15.15
In die hartjie van die Bosveld boer Louw De Wet saam met sy Pa, Jaco De Wet met Bosvelders. Hulle stoet staan bekend as Inni-Bos Bosvelders, waar daar letterlik met die Bosvelders in die bos geboer word.
Inni-Bos Bosvelders bied met trots top Bosvelder genetika aan by die Bosvelder Studiegroep veiling, 26 Augustus 2023, te Warmbad Veemark.
Bosvelderskape is hoogs vrugbaar, mediumraamdiere, het goeie moedereienskappe, ’n sterk tropinstink, is gehard en aangepas by die toestande in die Bosveldgebiede. Die Bosvelderras bestaan ideaal uit 50% Bapedi-, 25% Witdorper- en 25% Van Rooy-skaap. ’n Skaap uit die geskiedenis van Afrika, vir die toekoms in die Bosveld.