Categories: Artikels, MeganisasiePublished On: 25th June 2018

INTTRAC: Verwoes indringers met Niubo

By 2 min read
342 words

inttrac1 kort

ProAgri het by Inttrac se NAMPO-standplaas kennis gemaak met die nuwe reeks Niubo-bos- en takvreters. Die Forest los ’n baan fyngekapte, verteerbare biologiese materiaal agter hom as deklaag.

Indringerbos verdring nuttige plantegroei en wurg weibare veld dood. Die biologiese materiaal van die bosse kan egter ’n sinvolle bydrae tot die verryking van jou grond lewer, mits dit op ’n manier in die grond kan inkom.

Inttrac lewer al 25 jaar lank praktiese oplossings aan boere en by NAMPO het Dirk de Koster en sy span die reeks Niubo-toerusting van Spanje af bekend gestel.

Die Niubo Forest-swaardiensbosvreter is sekelbos se moses! Die masjien het ’n staaf wat bome en struike platdruk, sodat die hamers aan die drom hulle kan fynkap.

Die Niubo T-Max is ook ’n swaardiensmasjien, maar vir gebruik in boorde om gesnoeide takke fyn te maal. Die T-Max het twee rotors wat die takke optel en intrek na hamers wat hulle onverbiddelik fynmaak en die fyngemaakte materiaal word deur die gate in ’n plaat agter oor die grond gestrooi. Die onderkant is toe, sodat die hamers nie teen die grond klap nie.

Dirk sê een van sy kontrakteurboere moes sy vorige masjien se hamers tot drie keer in een seisoen vervang. Nou werk hy al anderhalf jaar met sy Niubo sonder om enigiets te vervang.

Die T-Max se rotors trek gesnoeide takke na binne waar die hamers hulle goed fynmaak.

Niubo bied ook die kleiner Panther wat veral geskik is om gesnoeide takke in wingerde of vrugtetakke met ’n deursnit van 6 tot 7 cm fyn te kap. Die werksbeginsel bly dieselfde as die T-Max met ’n rotor wat die materiaal intrek en hamers wat dit fynkap voordat dit as sagte grondbedekking neergelaat word.

Daar kan ook ’n bykomende snyer saamloop wat uitswaai om tot onder die bome skoon te maak. Die lemme is onder ’n beskermende skyf met rubber om, wat netjies om die bome gly sonder om hulle seer te maak.

Vir meer inligting oor hierdie nuwe toerusting en Inttrac Trading se volledige reeks oplossings, skakel 016-365-5799 of 078-457-0952, stuur n e-pos aan md@inttrac.co.za of besoek www.inttrac.co.za.

Die Niubo Panther werk goed in boorde en wingerde om gesnoeide takke fyn te kap.

0
Tags: ,

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0