Categories: NewsPublished On: 12th August 2016

Internasionale en plaaslike rysmarkte

By 0 min read
96 words

rys

SA is ‘n netto invoerder van rys. Die land se rysinvoere het met 13% oor die afgelope 15 jaar verhoog; van 544 351 ton in 2001 tot 615 805 ton in 2015. In die eerste kwartaal van 2016 het rysinvoere 194 331 ton behaal, wat 15% laer is as dieselfde tyd verlede jaar.

In 2015 het SA rys ingevoer vanaf Thailand, Indië, Viëtnam, Amerika, Brasilië en Pakistan.

SA se huishoudings verkies rys as ‘n plaasvervanger vir mieliemeel. Tussen 2013 en 2015 het SA se rysinvoere gehalveer, die swakker Rand is een van die oorsake daarvan.

Intussen is internasionale rysproduksie stabiel.

2016/17 se internasionale rysverbruik gaan na verwagting met 1,2% verhoog.

Bron: Agbiz

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0