Hou jou vee se groei dop met Gallagher se weegskale

gallagher High Res-TW-1 Weigh Scale + 2.5T Wireless Loadbars
Verby is die dae van raai en skat. ‘n Boer kan nou presies weet of sy vee die voer en weiding wat hy hulle gee in goeie en lonende groei omsit. Gallager Dierebestuur se weegskale is bekostigbaar, betroubaar, maklik om te gebruik en deur en deur hulle geld werd.
“Gallagher se skale is een van ons gewildste produkte,” sê Mark Smit, verkoopsbestuurder van Gallagher SA se dierebestuursafdeling. Dit is die manier waarop boere oor ‘n tydperk hulle vee se groei en prestasie dophou en betyds kan aanpassings maak as dit nodig is.”
Die skaal het ‘n robuuste ontwerp, is waterbestand, geseël en stofbestand en registreer gewig in kilogram en pond. Die skerm se syfers is ook groot en in kleur om maklik te lees.
Gallagher het verskillende skale beskikbaar, maar die intreevlakskaal het WiFi om die dier se gewig op die boer se foon te wys met Gallagher se web en mobiele toepassing (app).
“Soos die dier met sy spesifieke nommer geweeg word, kom dit dadelik op jou foon. Die boer kan ook verstellings maak, inligting verander en die data in grafiekformaat bekyk.
“Gegrond op die inligting wat die skaal berg, neem die boer besluite oor watter diere geslag moet word, verkoop moet word of watter diere aandag nodig het om hulle groei te verbeter,” sê Mark.
Die meer gevorderde skaal se battery hou tot 48 uur voorat dit herlaai moet word. Dit het ook ‘n kabel om vanaf die bakkie se battery te laai of te werk as daar nie krag is nie.
Die boer kry die volgende saam met die skaal:
- Laaibalk met Bluetooth
- Platform waarop vee staan

Die voordele daaraan om jou vee te weeg:
- Dit moniteer jou vee se gesondheid en prestasie.
- Kies jou vee vir slagting en veilings.
- Moniteer of jou voer/veld goed genoeg is deur die vee se gewig oor ‘n tydperk dop te hou.
- Bereik teikengewig by diere vir beter reproduksie.
- Bepaal of speengewigte bereik is.
- Evalueer diere se teelprestasie vir genetiese seleksie.

As jy ook jou diere se groei wil moniteer, kontak Gallagher deur hulle werbwerf te besoek by www.gallaghersa.co.za, of hulle te bel by 011-974-4740, of ‘n e-pos te stuur na sales.za@gallagher.com. Hulle produkte is ook by koöperasies en ander verspreiders beskikbaar.