Categories: NewsPublished On: 28th September 2016

Hof sê steeds minder pekelwater in hoender

By 1 min read
149 words

hoender-stukke

Die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging se aansoek in die hof teen nuwe regulasies met betrekking tot die hoeveelheid pekelwater wat in hoender gespuit mag word, is van die hand gewys. Die uitspraak is deur die minister van Landbou verwelkom.

Die SAPV het die saak na die Noord-Gauteng se Hooggeregshof geneem waar hulle die gewysigde pluimveevleisregulasies wat op 22 April 2016 gepubliseer is betwis het. Die Vereniging het aangevoer dat dit onwettig en irrasioneel is en dat dit hersien moet word. Regter HJ Fabricus het die aansoek van die SAPV van die hand gewys.

Die omstrede wysigings het betrekking op die beperking van die totale pekelinspuiting van 10% en 15% vir ‘n hele karkas en individuele porsies.

Minister Zokwana sê die uitspraak bevestig dat die belange van die verbruikers en die behoefte om billike handelspraktyke te bevorder, uiters belangrik is.

“Hierdie uitspraak het billike mededinging tussen produsente en handelaars van pluimveevleis-produkte bevorder,” sê hy.

Bron: Bizcommunity

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0