Categories: NewsPublished On: 4th December 2017

Help SA Jagters en wen ‘n geweer

By 1 min read
129 words

Howa-geweer-loting-web

Die Polisie het die gunstige uitspraak wat SA Jagters in die Hooggeregshof oor die geldigheid van vuurwapenlisensies gekry het, op appèl na die Grondwethof toe geneem. Hierdie saak word op 8 Februarie 2018 aangehoor.

Die koste van so ‘n saak is massief en die eerste aansoek in die Hooggeregshof het reeds R1,26 miljoen gekos.

SA Jagters wil bykomende geld insamel om die koste van die appèlsaak te dek. Hulle vra egter nie net vir skenkings nie, maar bied vir jagters die geleentheid aan om ‘n geweer en teleskoop in ‘n trekking te wen.

Hoe om in te skryf:

Plaas R50 oor na die SA Jagters Regshulpfondsrekening en gebruik K en jou selfoonnommer as verwysing.

Bankbesonderhede:

SA Jagters Regshulpfonds

Bank: ABSA

Takkode: 632005

Rekeningnommer: 9134305406

Verwysing: K en jou selfoonnommer

Sluitingsdatum – 8 Februarie 2018

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0