Categories: Artikels, MeganisasiePublished On: 26th June 2023

Hektaar vir hektaar, steeds jou beste keuse: Case-stropers maak ՚n taai taak soet

By 4 min read
721 words

DSC_0950-1536×1024

Merke, gereed gaan! Groot geesdrif het op Grootpan geheers waar die grootmanne in die stroopbedryf weer teen mekaar meegeding het.

Die stropers wat deelneem word beoordeel op grond van spoed, vermorsing en die gewig of volume wat gestroop word. Case het twee mooi rooi inskrywings by vanjaar se stroperresies gehad. In die klas 6-afdeling het die Case 6150 sy staal gewys, en in die klas 8-afdeling het die Case 8250 skoonskip gemaak om as wenner van die dag weg te stap. Jaun Pieterse, produkspesialis van Case IH, was agter die stuur van die 6150 en Tommie Scholtz, ՚n boer van Bergville, KwaZulu-Natal, het die Case 8250 bestuur.

Case 6150

Jaun Pieterse lig ՚n paar eienskappe van die Case 6150-stroper uit: “Die 6150 het vier kettings by die invoerder, en ook die spesiale rotor wat ons noem die Axial Flow-rotor, met ՚n deursnit van 76,2 cm en dit is 274,32 cm lank. ՚n Unieke punt wat ek kan uitlig is dat die graan teen die graan afwerk, wat ՚n baie goeie dorsaksie tot gevolg het.

“Die stroper het ook ՚n 8,7-liter Iveco-enjin, sy graantenk hou 10 500 liter en jou siwwekas is verstelbaar vanuit jou kajuit,” voeg Jaun by. Case se 6150-stroper het derde plek in die klas 6 afdeling van die stroperresies behaal.

Case 8250

Tommie Scholtz, wat agter die stuur van die klas 8 Case 8250-wenner was, vertel meer oor die stroper: “Die rede waarom ons op hierdie stroper besluit het, was uit en uit sy eenvoudige werking. Wanneer jy aan die stroper moet werk, het jy ruimte om die konkawe uit te haal en om binne-in die masjien in te kom.”

Tommie vertel meer: “Ons stroop ook sojabone, en hierdie stroper is een van die min stropers wat die saadmaatskappye verkies om saad te stroop, omdat dit deeglik maar sagkens werk sodat die saad nie split nie. Natuurlik is hierdie stroper ook sterk en werk baie makliker in die groen stambone.”

Hierdie stroper is toegerus met Harvest Command, wat dit uit en uit vir jou makliker maak om te stroop. As jy jou stroper ingestel het volgens jou spesifikasies en verstellings, skakel jy die Harvest Command aan, wat beteken jou stroper sal aanpas by die toestande van jou lande, die siwwe sal outomaties oop- en toegemaak word en vir operateursgemak, is alles verstelbaar vanaf jou kajuit.

Tommie Scholtz by die wenstroper van die klas 8-reeks – Case se 8250.

Gebruikersvriendelikheid

“Dit is regtig ՚n gebruikersvriendelike stroper, en soos hulle sê amper enige man op straat sal in hom kan klim en hom kan ry!” vertel Tommie.

“Nog ՚n voordeel vir ons boerdery is wanneer daar van sojabone na mielies oorgeskakel word, hoef jy nie konkawe uit te haal en te ruil nie. Nadat ons sojabone gestroop het, maak ons die stoper skoon, haak die mielietafel aan en ons is reg om mielies te stroop — werklik eenvoudig en maklik om van een gewas na ՚n ander oor te slaan; niks ingewikkeld nie.”

Axial Flow

“Wat die Case ook uniek maak is dat hy nie vier versnellers (accelerators) het soos die ander stropers nie; hy het ՚n groot invoerder wat beter werking in die groen materiaal tot gevolg het en verseker dat graan nie so maklik split nie. So, die materiaal vloei egalig in, die materiaal word voor gedors en agter word die materiaal verdeel, met minimale vermorsing,” voeg Tommie by.

“Die stroper bied ook hoër kapasiteit, verbeterde doeltreffendheid en beter produktiwiteit met die hulp van die geïntegreerde kantelsiwwe en waaierverstellings,” sê Tommie. Ruim kajuit

Tommie sê: “Die kajuit is lekker ruim; niks is in jou pad nie en jy kan mooi sien waar jy stroop.”

Met die standaard toegeruste Advanced Farming Systems (AFS) het boere eerstehandse inligting van alles wat in die land gebeur op die sekonde beskikbaar.

“Ons is almal hier by die stroperresies om te sien wat die masjiene kan doen. Ek dink vir ՚n boer is dit belang[1]rik om te kan sien wat maak die stroper in die land en hoe werk hy,” meen Tommie.

“Kyk, as ՚n masjien so spesiaal is dat jy jou vrou bo-op hom moet vra om te trou, dan moet jy weet, jy het die regte keuse gemaak,” sluit Tommie selfversekerd af.

Die manne van Case IH staan slaggereed om jou te help om die beste stroper volgens jou boerderybehoeftes te kies. Vind jou naaste handelaar op hulle webwerf by www.caseih.co.za.

0
Tags: ,

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0