Grootste voedselprysstyging in vier jaar

voedselmandjie
In Junie het die internasionale voedselpryse-kommoditeit met 4,2% verhoog, die grootste maandelikse toename in die afgelope vier jaar. Dit is volgens ‘n verslag van die FAO (Food and Agriculture Organization) se Food Price Index. Alle kommoditeitskategorieë, behalwe groente-olies is geraak. Die styging in Junie was ook vir die vyfde agtereenvolgende maand.
Die FAO se suikerprys-indeks het met 14,8% vanaf Mei gestyg, want Brasilië, die wêreld se grootste suikerprodusent en uitvoerder, het swaar reën gehad wat die oesopbrengste verhinder het.
Die graanprys-indeks het met 2,9% gestyg as gevolg van mieliepryse. Die suiwelprys-indeks het ook met 7,8% gestyg en die vleisprys-indeks het met 2,4% gestyg.
Bron: Bizcommunity