Categories: Artikels, MeganisasiePublished On: 18th June 2019

Grondwerkmasjiene vir die boer: JCB is nou heeljaar by NAMPO

By 2 min read
448 words

Foto1 Lugfoto

JCB se nuwe perseel en goudgeel gebou op NAMPO strek oor drie standplase en troon bo die ander uitstallers uit.

‘n Nuwe, reuse goudgeel blok het die NAMPO-besoekers verwelkom toe hulle vanjaar by die suidekant van die skouterrein ingekom het. Hierdie indrukwekkende gebou behoort aan JCB en getuig van die erns wat hulle met landbou maak.

“Ons beskou NAMPO as ons belangrikste skou, daarom het ons besluit om ՚n belangrike langtermyn-, geldelike belegging in NAMPO te maak deur drie standplase vir tien jaar te huur,” sê Justin Mills, streeksverkoopsbestuurder by JCB Construction.

Maar dit is nie al nie. Bothaville is gerieflik tussen Johannesburg en Bloemfontein geleë en daarom het JCB besluit om hierdie gebou ook as ՚n verkoop- en tegniese opleidingsentrum in te span. Verder het NAMPO ook ingestem dat JCB se kranige grondwerkmasjinerie die grond op hulle demonstrasieterrein mag omdolwe. “Jy het baie ruimte daarvoor nodig en dit is iets wat jy nie maklik in Johannesburg kan doen nie. Hierdie wedersydse verhouding tussen ons en NAMPO sal baie goed werk. Ons maak ՚n langtermynbelegging en hulle laat ons toe om die terrein buite seisoen te gebruik,” sê Justin.

Van die manne wat hard werk om die JCB-naam in Suid-Afrika hoog te hou, is Justin Mills, streeksbestuurder, verkope JCB Konstruksie; Daniël Erasmus, verkoopsingenieur JCB Afrika-suid; Peter Williams, verkoopsingenieur JCB Verenigde Koningkryk; Ryno van Niekerk, takbestuurder AFGRI Harrismith en Vivian Maclachlan van Kemach Toerusting Vrystaat en Noord-Kaap. Links van hulle Pronk die Fasttrack 4220 en regs is die 560-80-telehanteerder.

Die drie bene waaruit JCB bestaan, is landbou-, konstruksie- en mynbouma-sjinerie. Vanjaar het hulle besluit om die masjiene wat in die drie bedrywe gebruik word tussen mekaar uit te stal. “Ons standplaas grens aan drie loopgange en dus kan die besoekers ons van alle aansigte benader. Hulle moet dus van oral af ՚n goeie algehele beeld kry van wat ons bied,” sê Justin.

JCB het hulle hele reeks TLB’s daar gehad, van die klein en kompakte sleepstuurlaaier tot die groot 5CX. Hulle gatgrawers was ook volledig teenwoordig – van die 5,5 ton tot die 31,5 ton. Daar was ook materiaalhanteerders en ՚n indrukwekkende Fasttrack 4220-trekker, wat nie eintlik in Suid-Afrika beskikbaar is nie, maar wat as ՚n skoumagneet sy werk gedoen het.

JCB se landbouverspreidings-netwerk in hulle vyf streke word deur AFGRI, SENWES, MASCOR en JD Implemente behartig. Skakel hierdie handelaars of JCB se verkoopspersoneel: Daniel by 072-564-1041,
daniel.erasmus@jcb.com, of Gary by 072-445-3112 of gary.vanwyk@jcb.com, om meer uit te vind oor hulle hoë-gehalte masjiene.

Daniël Erasmus, verkoopsingenieur van JCB Afrika-Suid, sê dat die JCB-telehanteerder se Q-Fit aanhangselstelsel uitruilbaar is en ontwerp is vir ՚n boer wat sy aanhegsels binne ‘n paar minute wil verander.
JCB se wye verskeidenheid TLB’s is al ou bekende staatmakers in die landbou-, mynbou- en boubedryf.
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0