Categories: NewsPublished On: 7th July 2016

Grondvrugbaarheid en plantvoedingsimposium 2016

By 1 min read
128 words

soil

Die tema van Fertasa (vroeër bekend as die Misstofvereniging) se simposium vanjaar is die nuutste kunsmisriglyne. Adam Mostert, besturende direkteur van Fertasa, sê die tema is gekies om die riglyne in die nuwe uitgawe van die Bemestingshandleiding te ondersteun. “Ons doel is om boere oor die nuutste tendense in plantvoeding en die nuwe kunsmisriglyne vir mielies in te lig,” sê hy.

Daar gaan plaaslike en internasionale sprekers by die simposium wees. Dr George Rayment van Australië sal benaderings oor plantvoeding en grondvrugbaarheid na die droogte bespreek. Die Wageningen-grondsisteem is dr Arjan Reijneveld se onderwerp en Cobus Burger gaan oor presisieboerdery praat.  Die nuwe riglyne sal ook deur verskeie sprekers deur die loop van die middag verduidelik word.

Die simposium is op 27 Julie 2016 by die WNNR in Pretoria.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0