Categories: NewsPublished On: 3rd March 2016

Graan SA se kongres: Nuwe bestuur verkies

By 1 min read
205 words

grain-sa-logo

Graan SA se nuwe bestuur is vandag op die jaarlikse kongres verkies. Jaco Minnaar is die nuwe voorsitter van Graan SA en neem die leisels by die uittredende voorsitter, Louw Steytler, oor. Die ondervoorsitters is Andries Theron en Preline Swart.

Sprekers by Graan SA se kongres het oor die algemeen positiwiteit oor landbou in Suid-Afrika uitgespreek, selfs in die droogtetye.  Die tema van vanjaar se kongres is Klimaatsverandering, nie net in wêreldtemperature nie, maar ook in die landbou en ekonomie as geheel.

“Die boere se vermoë om oor hierdie swaarkrybult te kom, is die bemoedigendste van byeenkomste soos hierdie,” het Jannie de Villiers, uitvoerende hoof van Graan SA gesê.

Louw Steytler het met sy uittrede getwiet: “Aan my geliefkoosde boere: Eendag sal hulle aan julle daardie nodige erkenning gee.”

Prof Willem Landman, weerkundige van UP, het ’n praatjie oor klimaatsverandering gegee en gesê die droogte sal nog volgens alle aanduidings die seisoen voortduur, maar daar is ‘n La Nina-verskynsel op pad, wat belofte inhou vir goeie reën later vanjaar. Omri van Zyl, uitvoerende hoof van Agri SA, het die besprekingsessie oor die droogte gely.

Die kongres het uitgewys dat die grootste bedreiging op die oomblik vir die landboubedryf finansiering en die klimaat is.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0