Categories: Artikels, VeilingsPublished On: 21st August 2023

Skitterende sukses op vanjaar se nasionale Meatmaster veiling

By 2 min read
334 words

WhatsApp Image 2023-08-11 at 09.10.35

André van Zyl, afslaer tydens die Nasionale Meatmaster veiling. (Foto: Agri Bemark).

Die nasionale Meatmaster veiling het op 10 Augustus 2023 te Bloemfontein plaasgevind. 26 Lede van die Meatmasterskaaptelersgenootskap het deelgeneem aan die veiling. Goeie pryse vir goeie gehalte diere is op die dag behaal, wat gedui het op die vraag na goeie Meatmaster-genetika.

Die veiling is deur Vleissentraal Port Elizabeth aangebied en André van Zyl was die afslaer.

Die gemiddelde en hoogste pryse van die dag

Ramme:

  • 40 Top ramme is op veiling aangebied en behaal ’n gemiddelde prys van R24 575. Die duurste ram, Lot 40, behaal die hoogste prys op die veiling, van R70 000. Ben Tson van Steyn’s Meatmasters het die duurste ram verkoop vir R70 000 aan Dirk Lötter en Pieter van der Merwe van Tweerivier Trust.

Die duurste Meatmasterram (R70 000) Lot 40, op die genootskap se nasionale veiling in Bloemfontein. Van links na regs: André van Zyl (afslaer), Ben Tson, verkoper (Steyn’s Meatmasters), Dirk Lötter, Koper (Tweerivier Trust), Pieter van der Merwe, Koper (Tweerivier Trust), en Mario Kruger (Vleissentraal). (Foto: Agri Bemark).

Ooie:

  • 110 ooie is tydens die veiling verkoop en behaal ’n gemiddelde prys van R6 166. Die duurste ooi, Lot 57 behaal die hoogste prys op die veiling, van R20 000. Boemie Saaiman van Ochre Meatmasters het die duurste ooi verkoop vir R20 000 aan Mario Marais van Model Meatmasters.
  • 66 ooie met lammers is tydens die veiling verkoop en behaal ’n gemiddelde prys van R7 422.
  • Die duurste ooi en lammers is verkoop vir R18 000.

Die duurste Meatmaster-ooi (R20 000) Lot 57, op die genootskap se nasionale veiling in Bloemfontein. Van links na regs: André van Zyl (afslaer), Mario Marais, koper (Model Meatmasters), Boemie Saaiman, verkoper (Ochre Meatmasters) en Mario Kruger (Vleissentraal). (Foto: Agri Bemark).

Baie geluk aan die Meatmaster genootskap asook al die telers en kopers met ‘n uitsonderlike veiling.

Navrae Vleissentraal:

Mario Kruger by +27 60 522 3906

Hendrik de Kock by +27 83 306 8402

Andre van Zyl (Afslaer) by +27 84 587 7660

Navrae Meatmaster genootskap:

Charles Freeme by +27 74 207 0007

Naledi Roberts by +27 82 925 5910

John-William Morrison by +27 79 875 4803

As jy jou veiling wil bemark kontak:

Tiny Smith – 082 698 3353 – tiny@agri4all.com

Lynette van Tonder – 074 694 4422 – lynette@agri4all.com

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0