Categories: Artikels, MeganisasiePublished On: 8th March 2022

Goeie nuus vir mynbou-en konstruksie-kliënte: Pasgemaakte finansiering nou beskikbaar vir konstruksietoerusting

By 2 min read
488 words

C&F

Al ooit gewonder hoe jou onderneming voordeel kan trek uit batefinansiering en of daar pasgemaakte pakkette is sodat jou onderneming ook in die lang duur geld kan spaar?

Gelukkig is John Deere Financial hier om jou by te staan met die oplossing wanneer jy enige John Deere-konstruksie- of -mynboutoerusting aankoop.

John Deere Financial se finansieringsdiens berus op vier pilare: gerieflikheid, toewyding, mededingendheid en insiggewendheid. Die pilare is John Deere Financial se hoofdryfveer om aan jou die beste moontlike dienslewering te bied.

Gerieflikheid

Tyd is ՚n kosbare kommoditeit en daarom wil John Deere Financial die proses van finansiering vir die aankoop van John Deere-toerusting so gerieflik moontlik maak. John Deere het toegewyde verteenwoordigers in alle dele van die land wat die kliënt deur elke stap van die finansieringsproses sal neem.

John Deere Financial se span is slaggereed om elke kliënt te besoek en sy unieke sakebeginsels te ontleed, te verstaan en dan die mees gepaste finansiering aan te beveel.

John Deere Financial se verteenwoordiger kan selfs met die nodige toestemming help om dokumentasie en inligting by die kliënt se eie boekhouer of ouditeur te kry. Só kan beide partye doen wat hulle geniet en die kliënt kan sy aandag toespits op dit wat hy die beste doen!

Toewyding

Ons kliënte belê in John Deere met die koop van nuwe John Deere-toerusting en in ruil daarvoor wil John Deere Financial ՚n bydrae lewer tot die sukses van die kliënt en sy onderneming.

Ons weet dat elke onderneming sy eie uitdagings en onvoorsiene ontwrigtings beleef, daarom bied ons ondersteuning deur buigsame oplossings. John Deere Financial besef ook dat sakesiklusse van jaar tot jaar wissel en betaaldatums kan maklik met ՚n maand of twee uitgestel word om voorsiening te maak vir jou kontantvloeisiklus.

Mededingendheid

Die eerste oorwegingspunt as dit by finansiering kom, is gewoonlik ՚n gunstige rentekoers. Na gelang van die struktuur van die finansieringspakket en met die inagneming van die termyn en deposito, kan koerse van so laag as prima minus 9% beding word. Hierdie lae koers beteken kleiner paaiemente.

Mededingendheid eindig egter nie by die rentekoers nie. Spoed van dienslewering, die tipe finansieringsprodukte wat beskikbaar is en die gerief daarvan, dra alles by tot wat ons bied.

Deurdat John Deere Financial ՚n markleier in die finansiering van John Deere-toerusting is, motiveer dit die maatskappy en mededingers om voortdurend dienslewering, gerief en prys te verbeter – en dit alles tot voordeel van die kliënt.

Insiggewendheid

John Deere Financial streef daarna om dienste aan te pas soos die mark of die kliënt se sakebehoeftes verander. Op die manier verseker John Deere Financial dat sy dienste en oplossings toepaslik bly tot markontwikkelinge.

John Deere Financial nooi enige kliënt uit om kontak te maak met sy naaste John Deere-handelaar of om ons te kontak by africa@johndeere.com om meer uit te vind oor die finansieringsopsies vir John Deere-konstruksiemasjinerie. John Deere Financial – Finansiering gebou vir jou.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0