Categories: Artikels, Vee en WildPublished On: 30th September 2022

Go West Tuli-veiling

By 3 min read
481 words

1

Artikel voorsien

Die Go West groep is in 2011 gestig. ‘n Paar stoettelers het bymekaar gekom en besluit om ‘n Tuli-veiling in die westelike deel van die land aan te bied. Dit is ook waar die naam ‘Go West’ vandaan kom. Die veiling vind jaarliks plaas op die derde Donderdag van Oktober.

Hierdie jaar vind die veiling plaas op 20 Oktober 2022 om 11:00 te Kimberley Veemark.

‘n Groot voordeel van so ‘n gesamentlike veiling is die groot verskeidenheid van genetika wat op een dag by ‘n sentrale punt beskikbaar is. Beide geregistreerde- en kommersiële diere word aangebied. Go West bied ook aan hulle kliënte die geleentheid om kommersiële vroulike diere by die veiling te verkoop en sodoende waarde tot hul produk te voeg. Hierdie diere moet natuurlik ook vooraf deur ‘n ‘screening’ proses gaan om seker te maak diere voldoen aan die Go West standaard van voortreflikheid.

Die stigterslede wat vandag steeds deel van die groep vorm is die Donkerhoek Tuli Stoet van Ben Raath (Britstown), Amelia Tuli Stoet van Leslie en Kevin Cook (Douglas), en Alpha & Omega Tuli Stoet van Alwyn en Harm Marx (Burgersdorp).

Later jare het Giel van Niekerk van die Ganna Tuli Stoet (Perdeberg), HBH Tuli Stoet van Ed en Russell Clark (Dordrecht), Acacia Mountain Tuli Stoet van Colin Raath (Tarkastad) en Jim Bredenkamp van die Wolhaarkop Tuli Stoet (Postmasburg) aangesluit. Gert Schmidt het ook intussen by die Alpha & Omega Tuli Stoet aangesluit.

Ben Raath van Donkerhoek Tuli Stoet is ook die organiseerder vir die veiling.

“Ons streef daarna om jaarliks 25 bulle en 100 vroulike diere, in verskillende produksie stadia aan te bied. Geregistreerde diere word onder die beskerming van die Tuli-Genootskap aangebied. Vooraf ‘screening’ van alle diere word deur twee senior keurders van die Tuli-Genootskap gedoen om seker te maak alle diere voldoen aan ons Genootskap se rasstandaard. Kommersiële diere word nie onder die beskerming van die Genootskap verkoop nie, maar word ook vir prulfoute gescreen,” vertel Ben.

“Kwaliteit is vir ons uiters belangrik. Ons wil hê ‘n koper moet volgende jaar weer die vrymoedigheid hê om op ons veiling te kom koop.”

Die veiling word ook aanlyn deur SwiftVEE aangebied, sodat kopers van die huis of kantoor kan bie. Streng biosekuriteits maatreëls sal op die terrein toegepas word, respekteer dit asseblief. Veeartse sal ook sertifikate voorsien dat diere vooraf geïnspekteer is en geen simptome van Bek- en Klouseer het nie. U kan ons dus met vrymoedigheid ondersteun.

Vanjaar se aanbod lyk soos volg:

Geregistreerde diere:

  • Bulle- 20
  • Dragtige koeie- 3
  • Dragtige verse- 5
  • Oop verse- 15

Kommersiële diere:

  • Bulle- 2
  • Dragtige koeie- 12
  • Dragtige verse- 15
  • Oop verse- 17

Vir meer inligting, besoek Vleissentraal se webtuiste by www.vleissentraal.co.za/en/view-auction/1978, of kontak Ben Raath by +(27)83-468-6176.

Besoek ook hulle Facebookblad by: https://www.facebook.com/GoWestTuliAuction

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0