Categories: NewsPublished On: 4th July 2017

Frikkie Oosthuizen van die Santa’s is oorlede

By 1 min read
143 words
Frikkie Oosthuizen

frikkie oosthuizen

Frikkie Oosthuizen (43), bekende Santa Gertrudis-stoetboer, is in sy huis op sy plaas, Tevrede, aan ‘n hartaanval oorlede.

Sy tannie, Estie Ackerman, sê hy was ‘n intense, passievolle en spanningsgedrewe mens.

Frikkie het begin boer nadat hy B.Com Honneurs behaal het. Hy het aanvanklik sy ma se bees- en skaapkuddes begin bestuur, sy pa is ‘n saaiboer.

“Hy was gek oor spoed en vinnige motors. Hy het drie skaars BMW-sportmotors besit, kuns en antieke meubels versamel en was ook ‘n musiekliefhebber met ‘n ongelooflike versameling en kennis,” voeg Estie by.

Sy primêre boerdery was sy Santa Gertrudis-stoet genaamd Fernando, en dan het hy ook met skape en Brahmane geboer. “Hy het die Brahmane as sy troeteldiere gesien,” sê Estie.

Hy was in sy tweede termyn as raadslid van die Santa Gertrudis Genootskap en geken as ‘n geliefde mens in die Santa-groep.

 

0
Views: 360Comments Off on Frikkie Oosthuizen van die Santa’s is oorlede

Deel hierdie artikel.

0