Categories: NewsPublished On: 22nd May 2017

Fokus op die jeug

By 2 min read
355 words
Nasie in gesprek

nasie in gesprek jeug

Die laaste sessie van Nasie in Gesprek is op die heel laaste dag van Nampo Oesdag in Bothaville verfilm waar dit geëindig het met ʼn lewendige gesprek oor Jeug: Loopbaangeleenthede en Hoe om Nuwelinge na die Landbousektor te Lok.

Die sessie was deur Mpumelelo Mkhabela aangebied met paneellede soos Graan SA se Jannie de Villiers, Agri SA se Omri van Zyl, Afgri se Prudence Motseo, Monsanto se Kobus Steenekamp, Johan Hudson van Nedbank, Antois van der Westhuizen van John Deere asook Flint Meintjies van Senwes.

Mpumelelo het die sessie afgeskop deur ʼn volgepakte gehoor te verwelkom wat leerlinge en studente van verskeie skole en universiteite ingesluit het wat talle persone vanuit die hele spektrum ingesluit het. Die paneellede het al die verskillende loopbaangeleenthede binne die landbouwaardeketting uitgewys en die konsensus was dat studenet baie spesifiek moet wees wat hulle wil hê wanneer hulle vir sekere posisies in die landbousektor aansoek doen. Almal was dit eens dat die enigste ding wat nodig is om ʼn suksesvolle loopbaan in landbou te hê, is ʼn werklike passie vir landbou en ʼn goeie werksetiek, maak nie saak waar jy in die waardeketting inskuif nie.

As gevolg van die gesofistikeerdheid en tegnologiese vorderings in landbou, is daar loopbaangeleenthede van die insetverskaffing, grondwerke, IT, finansies, biotegnologie, ekonomie, ingenieurswerke, wetenskap, bemarking en selfs joernalistiek en nog baie meer.

Baie van die maatskappye bied internskappe en beurse en studente het die raad ontvang om hulle huiswerk te doen wanneer hulle vir posisies aansoek doen. “Lees op oor die maatskappye se waardes en etiek sowel as hulle bedryfsaktiwiteite,” was die wysie al die paneellede gesing het.

Hierdie sessie was in twee segmente aangebied met baie interaksie met die gehoor.

Die reeks vier vanjaar vier jaar van uitsendings by Nampo waar die gesprek oor die belangrikheid van landbou wyd versprei word oor verskeie hoofstroom media soos KykNet, 702/Cape Talk, Soweto TV, Business Day TV en baie ander. Die reeks is ook beskikbaar via YouTube. Laai die Nasie in Gesprek Toep af by www.nasieingesprek.co.za om by die gesprek aan te sluit asook vir die volledige uitsaaiskedule waar jy die volledige episode kan kyk.

Uitgereik deur: Marlon Abrahams

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0