Firestone: Verlengde waarborg skep reddingsboei vir boere wat noustrop trek

ProAgri 230_Tractor photo_84
Dit maak goeie sin om seker te maak dat jy jou bande gebruik in ooreenstemming met hulle tegniese spesifikasies. Firestone het nou ook die standaard gelig met ՚n verlengde 9-jaar-waarborg. Landboubande moet uiterste toestande hanteer, soos enige boer jou sal vertel. Hulle is ook duur.
“Dit is een gebied waar dit werklik die moeite werd is om na gehalte te soek,” sê Lungisa Xhelithole, Firestone-handelsmerkbestuurder by Bridgestone Suid-Afrika.
“As die beste materiaal nie gebruik word en die vervaardigingsproses nie gewaarborg is nie, gaan jy probleme hê,” sê sy.
“’n Goeie band is ՚n belegging vir boere, omdat herstelwerk aan of vervanging van bande nie net duur is nie, maar ook tyd mors.”
Firestone het nou hul vyfjaarwaarborg op vervaardigingsgebreke uitgebrei na nege jaar op bande wat in Amerika vervaardig is en vanaf 14 Mei 2018 aangekoop is. Kwalifiserende bande moet deur oorspronklike toerustingvervaardigers opgesit wees op voertuie wat verkoop is in Suid-Afrika, Swaziland, Lesotho, Namibië, Zambië en Botswana. Bande moet geregistreer word via die Firestone-webwerf.
Die Firestone-webwerf bied ook volledige inligting, plus ՚n lys kwalifiserende bande, op: https://firestone.co.za/9-year-agricutural-tyre-warranty/. Sodra die registrasie voltooi is, sal die kliënt ՚n bevestiging ontvang per SMS of e-pos. Eise kan dan by ՚n gemagtigde Bridgestone-handelaar ingedien word en die oorblywende loopvlakdieptemeting sal gebruik word om die vergoedingsbedrag te bereken.
Gebruik hulle reg om maksimum waarde te kry
Waarborge dek egter slegs vervaardigingsgebreke. Kundige boere moet ook seker wees dat hulle die tegniese spesifikasies van die bande wat hulle koop verstaan en dit volg. Die korrekte gebruik van bande het verskeie voordele en is ՚n veranderlike wat boere kan beheer, sê Stephan van Staden, nasionalel landbouspesialis by Bridgestone, vervaardiger van Firestone se portefeulje van gespesialiseerde landboubande.
“Boere moet versigtig wees om nie die groot winste te ignoreer wat hulle kan behaal deur hul bande te bestuur nie,” sê hy.
“Die handhawing van behoorlike banddruk en die opstel van balans kan veral ՚n groot hoeveelheid geld bespaar en produktiwiteit verhoog.”
Stephan verduidelik dat bande verantwoordelik is vir 20 tot 40 persent verlies aan kilowatt. Deur hulle doeltreffendheid te optimaliseer deur die korrekte druk en balans, sal dié persentasie verminder. Die sleutel hier is om te verseker dat die optimale hoeveelheid bandoppervlakte in aanraking kom met die veldoppervlak. ՚n Optimale voetspoor sal die doeltreffendheid van die trekker maksimaliseer om sy taak te verrig, terwyl brandstofverbruik verminder word en die band se leeftyd verleng word.
Die bereiking van die optimale bandvoetspoor beteken die berekening van die laagste banddruk wat nodig is om die vrag te dra. Nog ՚n voordeel van die laagste praktiese banddruk is dat grondverdigting geminimaliseer word, wat bydra tot die algehele gesondheid van die grond
Banddruk moet reg wees vir die doel
“Dit is belangrik om te verstaan dat daar geen ‘beste banddruk’ vir ՚n trekker is nie. Die banddruk moet bereken word volgens die vrag wat dit in elke geval dra,” verduidelik hy. ՚n Studie aan die Ohio-staatsuniversiteit het getoon dat die gebruik van die korrekte banddruk brandstofverbruik verbeter met tussen 5,3 persent en 26,5 persent, en die tyd bestee per akker met 0,8 persent tot 11 persent. Om sulke besparings te behaal, kan ՚n groot invloed op boere se winsgrens hê, veral as dit op die langtermyn volgehou word.”
Hy voeg by dat brandstof nou die grootste enkele insetkoste vir boere geword het, sodat enige konsekwente besparing van brandstofkoste uiters voordelig is.
In die korrekte opstelling van ՚n trekker, is die eerste stap natuurlik om te verseker dat bande van die regte grootte opgesit word. Dan is dit nodig om die korrekte gewigsverdeling tussen voor en agter te bepaal en dan die hoeveelheid gewig op elke band.
Balans moet dalk bygevoeg word, afhangende van watter toerusting die trekker trek. Dit sal die gewigsverdeling beïnvloed. Terwyl hidro-inflasie tradisioneel as balans gebruik is en goedkoop is, het dit ՚n aantal nadele en is dit nie geskik vir gebruik met straallaagbande nie. Die moderne neiging is om op droë gewigte staat te maak.
Straallaagbande word toenemend in die landboubedryf gebruik, omdat hulle ՚n prestasieverbetering van 6 tot 14 persent bo kruislaagbande bied. Dit is belangrik om gereeld banddruk te monitor om te verseker dat die bande op die korrekte druk bly. Dit moet ten minste weekliks gedoen word. ՚n Akkurate banddrukmeter sal baie vinnig vir homself betaal.
Hy sluit af: “Bande is ՚n integrale deel van trekkers, spuite en oesmasjiene ‒ van die boer se belangrikste (en duurste) toerusting. Deur tyd te gebruik om te verseker dat die bande tot die optimale druk opgeblaas word en dat die gewig van die trekker korrek bereken en versprei word, sal verseker dat toerusting die beste moontlike werk in die kortste moontlike tyd doen, terwyl die minste moontlike brandstof gebruik word.”
Geniet die voordele van Firestone se uitstekende bande en waarborg. Besoek jou naaste Bridgestone/Firestone-handelaar. Besoek ons by NAMPO: Standplaas: B3