Categories: Artikels, MeganisasiePublished On: 13th March 2023

Fendt vier die vervaardiging van 20 000 trekkers in 2022

By 6 min read
1214 words

CABs and bonnets are mounted on the tractors during ‘the marriage’.

Die kajuite en enjinkappe word tydens die ‘huweliksfase' op die trekkers gemonteer.

Die trekkervervaardiger Fendt, wie se plaaslike verspreider AGCO Africa is, het in 2022 die vervaardiging van 20 000 Fendt-trekkers gevier. Die 20 000ste een was ՚n 724 Vario-model in Desember verlede jaar. Dit is ՚n mylpaal in Fendt se trotse geskiedenis van 92 jaar.

Die fabriek is ongeveer 120 km noord van Fendt se Bavariese hoofkwartier en in Asbach-Bäumenheim, met ՚n susteraanleg in Marktoberdorf in die Allgäustreek. Die fabriek is een van die wêreld se mees gevorderde aanlegte.

Kajuite en enjinkappe word van nuuts af in eersgenoemde aanleg gebou en dan op ՚n net-betyds grondslag na laasgenoemde vervoer vir montering op die trekkers, ՚n stadium van die produksielyn waarna verwys word as ‘die huwelik’.

Die hele Fendt-span het ՚n sleutelrol gespeel in die vervaardiging van die 20 000ste trekker. Van onderdeleproduksie-aanleg tot die hoofmonteerlyn.

Die Fendt 700 Vario was een van die gewildste trekkerreekse in Suid-Afrika. Hierdie trekker is ՚n kombinasie van sterkte, krag, beweeglikheid, aanwendbaarheid en operateursgemak, alles te danke aan die splinternuwe operateurswerkstasie tesame met die geïntegreerde FendtONE-platform. Dit is ՚n veelsydige trekker en die perfekte pasmaat vir enige tipe werk – van eenvoudige boerderytake, tot vervoer en swaardiens veld- of vlootwerk.

Die beproefde en bewese sessilinderenjin van die Fendt 700 Vario lewer 106 tot 174 kilowatt met ՚n topspoed van 40 km per uur. Met ՚n enjininhoudsmaat van 6,1 liter, vier kleppe per silinder en drukbuisinspuiting lewer die enjin hoë wringkrag. Dit is ՚n kompakte, hoëkilowatt-trekker ontwerp vir maksimum werkverrigting en vrag terwyl die enjin en kragoordragstelsel in perfekte harmonie werk vir hoë algehele doeltreffendheid.

Fendt vier die vervaardiging van 20 000 trekkers in 2022.

Die Vario-ratkas bied ՚n traplose aandrywing van 0,02 km per uur tot ՚n maksimum spoed van 40 km per uur met deurlopende veranderlikespoedaanpassing wat enjinwerkverrigting optimaliseer. ՚n Trekkerbestuurstelsel (TMS – Tractor Management System) beheer die enjin en transmissie om te verseker dat die trekker ten alle tye ekonomies funksioneer.

Kenmerke soos maksimum outomatiese kragleweringbeheer verminder brandstofverbruik selfs meer, met die enjin wat ten alle tye teen die perfekte omwentelinge vir die taak loop. Die maksimum vragbeheerfunksie
bepaal hoe ver die enjinspoed toegelaat word om te daal volgens die enjin-lading of na die teikensnelheid as die TMS of “cruise control” ingeskop het.

Hoe Fendt die vervaardiging van 20 000 in 2022 bereik het

Fendt vervaardig trekkers in groot aanlegte by die hoofkwartier van Duitsland se grootste vervaardiger van landboutoerusting. Verskeie modelle word op net een produksielyn vervaardig. Die hart van elke trekker is die enjin en transmissieblok.

Die enjinraam is aan die voorkant van die transmissie gemonteer. Die grootste element is die waaiereenheid, gevolg deur die vooras en hidrouliese tenk. Oor die volgende drie uur gaan die eenhede deur 29 monteerstasies.

Daarna is die wêreld se kragtigste trekkerreeks gereed. Eers word die datakabels aan die enjin- en transmissieblok gekoppel. Die hoëtegnologietrekker het baie kilometer kabels en sensors wat voortdurend moniteer wat die trekker op enige gegewe oomblik doen. Al hierdie inligting word tydens die proses na ՚n sentrale rekenaar in die kajuit oorgedra.

In die volgende produksiestasie word die trekker toegerus met sy lug- en deeltjiefilter, katalitiese omskakelaar en brandstoftenk.

Marktoberdorf in die Allgäu-streek.

By die volgende stasie word die kajuit op die enjinblok gemonteer.

Die bekwame monteerspan is spesialiste wat minstens 3,5 jaar toepaslike opleiding ondergaan het.

Tamaai boute hou die kajuit veilig in posisie sodat nie eers die taaiste takein die veld hom kan ontsetel nie.

Hierdie belangrike stap waar die kajuite en onderstel saamgevoeg word staan bekend as die ‘huwelik’. In die motorbedryf verwys dit na die installering van die enjin in die voertuig, terwyl dit met trekkersamestelling beteken dat die kajuit aan die trekker gekoppel word.

In die volgende monteerafdeling installeer die monteurs die batterykas en koppel die elektronika. Die enjinkap word volgende aangeheg, gevolg deur die verkoelerkappies.

By die volgende stasie ontvang die trekker sy diesel, hidrouliese olie en verkoelingswater.

՚n Reeks toetse word uitgevoer om te verseker dat die rigtingwysers en kopligte korrek funksioneer en dat die ruitveër werk.

Die stuurstelsel en elektronika word dan nagegaan. Nadat die sagteware afgelaai is, word die verskillende elektroniese funksies van die trekker getoets.

Die aste word ingestel en nagegaan. Die nuwe trekker moet meer as honderd toetse slaag voordat dit toegelaat word om die fabriek te verlaat.

Tydens montering gaan die trekker deur sewe gehaltebeheerpunte, insluitend die transmissie, hidrouliese en elektriese stelsels. Sodra die trekker al die toetse slaag, word dit na die volgende monteerfase gestuur.

As ՚n fout of opgespoor word, word die trekker na die herwerkingsafdeling geneem om herstel te word en weer deur spesiaal opgeleide personeel nagegaan te word.

Die volgende stap is een van die belangrikste: Die pas van die wiele. Dit is ՚n presisieproses, met lasergeleide elektriese vurkhysers wat die wiele reguit na die trekker vervoer. Daarna word die wiele met groot wielboute vasgemaak.

Nou kan die trekker vir die eerste keer met sy eie krag beweeg. ՚n Roltoetstuig word gebruik om te wys wat dit vir die eerste keer kan doen en of al die werk aan die trekker behoorlik gedoen is. Die trekker kry die groenlig nadat die enjin en remfunksies getoets is. Die trekker is nou voltooi en gereed vir die finale stasie.

Werkstasies en prosesse om veiligheid en gehalte te verseker

Alle werkstasies en prosesse is wêreldklas, met kliëntfokuselemente wat deurlopend toegepas word vir algehele produksie en montering met ՚n spesiale fokus op gehalte waarvoor Fendt wêreldbekend is.

Die fabriek is een van die wêreld se mees gevorderde aanlegte.

Fendt meet sy produksie met die nuutste geslag verwerkingsentrums en hoëtegnologie CNC-masjiene, insluitend lasersnymasjiene.
Met die jongste, mees gevorderde verfwinkelstelsel vir trekkers wêreldwyd, stel Fendt nuwe mylpale in die landboutegnologiebedryf.

In Asbach-Bäumenheim begin produksie met grondstowwe wat in die vorm van buise, profiele en metaalplate aan die fabriek gelewer word. Die enkelstukproduksiestelsel is gegrond op die nuutste tegnologie en hoëtegnologiestelsels soos platbed- of vyfaslasers vir uitsonderlike gehalte
en unieke ontwerp.

Die kajuit en die enjinkapkomponente word tydens die eerste stap presies afgewerk, met ingewikkelde kontoere wat met ՚n 2D lasersnystelsel uit die onverwerkte plate gesny word. Die kenmerkende en unieke vorm van die Fendt-trekkers, hoofsaaklik die kajuit en kap, word gemaak met 3D-snywerk in ultra-moderne lasersentrums.

Die mees gevorderde sweistegnologie en -prosesse word gebruik, soos vernuwende sweisrobotte. Met hierdie moderne prosesse en metodes vervaardig Fendt unieke kajuite soos die VisioPlus met sy geboë voorvenster vir die nuwe 700 Vario-reeks.

Die wielsamestelling is ՚n tegniese hoogtepunt. Die wiele word in die volgorde van produksie gelewer. Lasergeleide elektriese vurkhysers tel die wiele op en ry dit outomaties na waar dit nodig is. Hier word die trekkerraam met tot 600 mm verhoog vir ergonomiese, semi-outomatiese wielsamestelling.

Wat beteken dit vir die Suid-Afrikaanse boer?

Fendt is aan voorpunt van tegnologie en gehalte om geweldige waarde tot Suid-Afrikaanse boere toe te voeg met uiters ekonomiese brandstofverbruik en wêreldleidende tegnologie.

Verdere waarde word toegevoeg deur Fendt se geskiktheid vir presisieplant, -strooi en -spuit, alles tesame met ՚n ry- en operateurservaring wat geen mededinger kan nadoen nie.

Dit begin alles waar die trekkers ontwerp en vervaardig word. Dit is waarom Fendt soveel geld, tyd en vaardigheidsontwikkeling belê om te verseker dat wanneer ՚n klant ՚n Fendt koop, dit aan sy verwagte standaarde in terme van gehalte en gemoedsrus voldoen.

Vir meer inligting, kontak Frans Cronje by +27 66 581 7505 of stuur ‘n e-mail na Frans.cronje@agcocorp.com of besoek die web-werf by www.fendt.com/za.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0