Categories: NewsPublished On: 15th November 2017

Escorts Landboumasjinerie word waarlik internasionaal

By 1 min read
135 words
escorts

escorts

Escorts Landboumasjinerie het onlangs ‘n Internasionale Dag in Indië gehou. Vukani Agri, plaaslike verspreider van Farmtrac, se besturende direkteur, Piet Rademeyer, het die geleentheid bygewoon.

‘n Deel van die verrigtinge was die stigting van ‘n Internasionale Verspreidingsraad.

Die doel van die raad is om ‘n oop kanaal vir kommunikasie te vorm om idees uit te ruil vir verbeteringe in die organisasie. Die raad sal elke ses maande vergader, een keer by die jaarlikse Internasionale Dag en tussenin afwisselend in die verskillende lande.

Verteenwoordigers uit die volgende lande is aangestel: Suid-Afrika, wat deur Piet Rademeyer namens Vukani Agri verteenwoordig word, Brasilië, Bangladesh, Amerika, Sri Lanka en Myanmar.

Sommige van die hoogtepunte van die eerste raadsvergadering was insette oor produkstrategieë. Voorstelle oor inisiatiewe om wêreldwye teenwoordigheid en verbeterings binne Escorts Landboumasjinerie te verhoog, is ook ingedien.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0