Categories: Artikels, HulpbronbestuurPublished On: 24th May 2026

ESAB – wêreldleiers in tegnologie met ’n ruim hart

By 3 min read
593 words

NAM05826

Die wêreldbekende Renegade Volt is ’n hibriede sweismasjien.

Indien jy gedink het NAMPO is net trekkers en implemente, is jy verkeerd. Hierdie jaar het ESAB SA weer hul wêreldklas sweismasjiene by NAMPO uitgestal. ESAB is vanjaar reeds 122 jaar oud en word as wêreldleiers geklassifiseer in die vervaardiging van sweis- en snygereedskap sowel as outomatisering.. ESAB plaas hul fokus ten volle op die eindverbruiker en gaan uit hul pad om aan kliënte se behoeftes te voldoen.

“Ons glo nie daarin om net ’n produk af te laai by ’n kliënt nie, maar om in hulle besigheid te belê en seker te maak ons verstaan wat hulle behoeftes is, wat hulle vereistes is en hoe ons saam met hulle ’n pad kan stap om hulle besigheid meer deurslaggewend te maak,” sê Jannie Bronkhorst, tegniese direkteur van ESAB Suid-Afrika.

Hy het vertel dat dit hul sewende jaar by NAMPO was. “Ons is baie geseënd om elke jaar deel te neem aan NAMPO en die geleentheid te hê om ons produkte aan besoekers bekend te stel,” sê hy.

ESAB kan kliënte voorsien van alles wat nodig is vir sweis en sny. Hulle verskaf onder meer veiligheidsklere (PPE), sweismasjiene, vulmateriaal, snymateriaal, kan automatisering en meganisering doen en kan selfs sweiskwalifikasies uitreik..

ESAB het ook ’n wye reeks plasmasweismasjiene in verskillende groottes.

Wêreldklastegnologie

ESAB is in 2023/’24 as die Global Red Dot-wenners vanweë die tegnologie van  hul Renegade Volt-sweismasjiene aangewys. Die Renegade Volt is ’n ten volle hibriedmasjien, wat beteken die masjien werk met vier FLEXVOLT-batterye en kan ook by 220 volt-krag ingeskakel word.

“Die rede hoekom ons die masjien ontwerp het, is omdat baie van jou ondergrondse myne deesdae nie meer elektriese toerusting onder die grond toelaat nie,” vertel Jannie.

Die Renegade Volt is ook ’n baie veelsydige stokmasjien, so hy kan gebruik word vir die MMA- en die TIG-sweisproses.

Iets vir almal

ESAB het ook hierdie jaar hul reeks van plasmasweismasjiene by NAMPO uitgestal. Die masjiene is beskikbaar in enkel- en drie-fase wat van 45 amp- tot 120 amp-handtoestelle gaan. Dan het ESAB ook ten volle geoutomatiseerde Computer Numerical Control (CNC)-sisteme wat tot op 400 amp gaan.

Hulle het ook ’n volle reeks veiligheidsklere van handskoene, beskermende brille, voorskote, kamaste (beskerm onderbene), baadjies en broeke. Hul gevorderde Sentinel A60-sweishelm is die enigste van sy soort met ’n 30 maande-waarborg. Die Sentinel A60 het 12 filterstelsels en beskik oor True Colour Vision (gevorderde lenstegnologie).

Jannie vertel dat hierdie helms baie voordelig is vir sweisers wat byvoorbeeld multifokale brille dra.

’n Hart vir die gemeenskap

ESAB se globale maatskappy besit ook die onderneming GCE, wat onder meer mediese suurstoftoestelle vervaardig.

“Gedurende die Covid-tydperk het ESAB Oxygen Concentrators in Suid-Afrika ingebring. Ons het ook onlangs ’n skenking van 1 Oxygen Concentrator aan Jacaranda [FM] se Good Morning Angels geskenk en sal binekort nog een skenk om ‘n vrou te help. Ons het 9 aan Oxygen Concentrators aan Hot 102.7 se Hot Cares geskenk. Ons het tien eenhede, altesaam geskenk ter waarde van so om en by R324 000,” sê Jannie. Met nog agt wat nog geskenk gaan word.

Hy voeg by dat hoewel ESAB die wêreldleier in sweisgereedskap is, voel hulle ook dat hulle ’n bydrae moet maak om na minderbevoorregtes om te sien, en dié skenking is net een van die maniere waarop hulle ’n verskil wil maak.

“Waar daar ’n behoefte is, wil ons kyk of ons kan help,” sê hy.

Gaan loer gerus na ESAB se tegnologie op hul webtuiste, esabsa.co.za en tree ook daar in verbinding met hul bekwame span.

Die Sentinel A60 is een van die mees gevorderde sweishelms op die mark.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0