El Tauro en Waarmaker Bonsmaras maak gereed vir hulle 2de produksieveiling

Screenshot 2023-09-11 083818
El Tauro en Waarmaker maak gereed vir hulle tweede produksieveiling wat die 22ste September te veilingskrale Kimberley plaasvind. Op aanbod is bulle tussen twee en drie jaar, asook ’n klomp kommersiele vroulike diere, in alle produksiestadiums.
Agtergrond en geskiedenis oor El Tauro Bonsmarastoet
Sedert 1994 boer dr. Terence en sy pa stoet-Bonsmaras vir teeldoeleindes in die Barkley-Wes- en Warrenton-gebied. Hulle het hulle kudde opgebou met teeldiere vanuit Frans van den Berg van Op-die-aarde stoetery, Hannes van den Berg van Kalkveld-stoetery, en wyle oom Rex D Butler.
Sowat 50 vroulike diere word jaarliks kunsmatig geïnsemineer uit ‘n totale teeleenheid van sowat 350 koeie en verse. Embriospoeling word ook gereeld gedoen van sekere hoëpresterende koeie wat hulle identifiseer. Reproduksie, melkproduksie en kalfgemak is eienskappe waarvoor daar geselekteer word.
“Ons is ‘n kliënt-georiënteerde besigheid waar die kliënt, sy kudde en sy vordering prioriteit geniet,” meen dr. Terence.
Agtergrond en geskiedenis oor Waarmaker Bonsmaras en Charolais
Willem en Madelene Van Zyl is albei gebore Noord-Westers vanuit ‘n boeregemeenskap uit die Makwassie area. Na hulle troue in 2002, verhuis hulle na die Barkly-Wes area en in 2003 met die aankoop van 130 vroulike Bonsmara diere begin hulle pad saam in die teling van kwaliteit beeste.
Mnr. Buks Lubbe (Madelene se pa) koop in 2004 die buurplaas in die Barkly-Wes area en skuif die Charolais Stoet – Charolu nader aan sy skoonseun en dogter. Steve Hofmeyer bring in 2008 ‘n album uit genaamd Waarmaker. Waarmaker verwys na drome wat waar gemaak word. In 2009 word daar n’ basis keuring gedoen op die Bonsmaras en lei tot die ontstaan van Waarmaker Bonsmaras, ‘n droom wat begin waar word vir die Van Zyl’s.
Daar is n gesegde wat lui ‘’If you can dream it, you can do it”, by Waarmaker help ons jou om ook jou droom ‘n waarheid te maak.
Die visie vir die Bonsmaras van Waarmaker is om vrugbare vroulike diere te teel met hoë reproduksiesyfers, sterk moedereienskappe, en goeie melkwaardes wat langslewendheid in die kudde meebring. Op die manlike diere is dit om bulle te teel uit vrugbare moederlyne, vry van die Miostatien geen.
In 2018 na die skielike afsterwe van Mnr. Buks Lubbe word die Charolu Charolais Stoet deel van Waarmaker. Die Charolais staan bekend as die Speenkalf Koning as ras. Die ras is ‘n uitstekende kruisras.
Ons visie vir die Charolais op ons vroulike diere is om voort te bou op kalwingsgemak en aanpasbaarheid. Op die manlike diere wil ons graag fokus op harde veldaangepaste bulle met goeie vel en haar en skedes.
Die Charolais kudde word ook jaarliks getoets vir die Miostatien geen.
Dagboek 22 September 2023 om 11:00 vir die 2de produksieveiling van El Tauro en Waarmaker Bonsmaras te NKLH Veilingskrale, Kimberley.
Kliek hier om die Bonsmara veiling op Agri4all te sien
Kliek hier om die Charolois veiling op Agri4all te sien
Op aanbod:
- 25 Bonsmarabulle (2 tot 3 jaarr)
- 150 Kommersiële Bonsmara vroulike diere (In alle produksiestadiums)
- 20 Charolois-bulle
- 9 Dragtige vroulike Charolois diere
Navrae:
Dr. Terence I’Ons (El Tauro Bonsmaras) by +27 82 374 6771
Dirk Beukes (Bemarker) by +27 82 375 1849
Willem van Zyl (Waarmaker Bonsmaras) by +27 83 627 3147
IG Zwiegers by +27 82 821 5797
Johan van der Nest (Afslaer) by +27 82 574 4220
Noordkaap Lewende Hawe by +27 53 927 3871/2/3/4
As jy jou veiling wil bemark kontak:
Lynette van Tonder – 074 694 4422 – lynette@agri4all.com
Tiny Smith – 082 698 3353 – tiny@agri4all.com