Categories: NewsPublished On: 1st November 2016

Eertydse wêreldskeerkampioen kom leer by beste in SA

By 1 min read
188 words
George Mudge

george-mudge-in-aksie

George Mudge van Engeland is tans in Suid-Afrika ter voorbereiding van die 2017  Wêreldskeerkampioenskap in Nieu-Seeland. George is die enigste deelnemer wat in beide masjien- en handskeer gekwalifiseer het in die finale van wêreldkampioenskappe. In 1980 en 1984 het hy Engeland verteenwoordig en is gekeur as een van die top ses skeerders in die wêreld.

Die feit dat iemand in beide masjien- en handskeer kan uitblink wanneer skaap geskeer word, is ‘n unieke eienskap sê NWKV se skeerderopleidingbestuurder, Izak Klopper.

Op ‘n vraag oor hoekom hy nou na Suid-Afrika wil kom ter voorbereiding van die kampioenskap, het hy gemaklik geantwoord dat hy wil leer by die beste en praat hy met lof van die vaardigheid van Suid-Afrikaanse skeerders.

Verlede week het George saam met Mayenzeke Shweni, die 2014-wêreld handskeerkampioen in die omgewing van Lady Frere geskeer. George se vrou, Ann, is baie in haar skik met die feit dat haar man op 69-jarige ouderdom, weer die kampioenskap gaan aandurf. Vanweë sy ouderdom, het hy afgeskaal na handskeer.

Die NWKV wens hom alle voorspoed toe en vertrou dat sy herinneringe van Suid-Afrika blywend sal wees.

Bron: NWKV

 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0