Droogtehulpverlening aan boere en plaaswerkers in droogtegeteisterde provinsies

bale_field_agriculture_straw_30266_3840x2400
Die voortgesette droogte in provinsies soos die Noord-Kaap, Wes-Kaap en Oos-Kaap hou ‘n ernstige bedreiging in vir voedselproduksie en neem daagliks ernstige afmetings aan.
Agri SA doen daarom ‘n dringende beroep op die publiek en privaatsektor om weer eens tot die Agri SA Droogterampfonds by te dra.
Ons opregte waardering aan almal wat tot die fonds verlede jaar bygedra het. Sowat R17-miljoen is ingesamel en derduisende boere en hulle werkers het hulp in die vorm van voer vir diere en ander vorme van humanitêre hulp ontvang.
Besoek gerus ons droogterampfonds by http://droogterampfonds.co.za/ vir meer inligting.
Vir kontantbetalings, gebruik asseblief die volgende bankbesonderhede:
Begunstigde: Agri SA Rampfonds
Bank: ABSA
Rekening Tipe: Tjek
Rekening Nommer: 40-6854-0775
Tak Kode: 632 005 (Business Bank – Pretoria East)
Begunstigde Verwysing: RAMP
Uitgereik deur Agri SA