Categories: NewsPublished On: 27th October 2017

Dra Maandag swart vir ons land se boere

By 1 min read
212 words
chris Loubser

swart maandag

Maandag, 30 Oktober 2017, gaan nie onthou word as ‘n blou maandag nie, maar wel ‘n swart Maandag in die boeregemeenskap van Suid-Afrika. As jy ‘n boer is, ‘n boer ken of ‘n hart het wat uitgaan na ons land se boere moet jy Maandag swart dra om saam met die res van die land te rou oor boere wat die afgelope jaar vermoor is in plaasaanvalle.

Hierdie versoek het gekom nadat ‘n man (Chris Loubser) ‘n video Woensdag, 25 Oktober, opgeneem en aan sy vriende oor WhatsApp gedeel het waarin hy vra dat mense swart moet aantrek om respek te toon vir die boere wat hierdie jaar hulle lewens in plaasaanvalle verloor het.

Chris het die video gemaak nadat Joubert Conradie, ‘n boer van Klapmuts, vermoor is. Chris het hom geken en hy sê hoe nader dit aan mens kom hoe meer raak dit jou. Die video het daarna soos ‘n veldbrand op sosiale media versprei.

Vanaf 20 Oktober tot 25 Oktober was daar 11 plaasaanvalle en vier sterftes gewees.

Om te wys jy is deel van die swart Maandag kan jy ‘n foto van jou in jou swart klere aan ProAgri stuur en dan laai ons dit op ons Facebookblad om te wys julle dink aan ons boere. Stuur jou foto na benine@proagri.co.za

 

0

Deel hierdie artikel.

One Comment

  1. Jacques Strydom 30th October 2017 at 14:48 - Reply

    Dis omtrent tyd dat ons boere begin saam staan

Leave A Comment

0