Dow AgroSciences vir mielieboere: Begin reg met SureStartTM

dow agro 1 reg
SureStartTM is ’n onkruiddoder wat van voor plant tot net na opkoms toegedien kan word
Dit is duur om mielies te plant en boere wat geld wil maak weet dit is belangrik om elke mieliesaadjie die beste moontlike kans te gee om wortel te skiet en tot sy volle potensiaal te ontwikkel. Onkruid is die pes wat gereed staan om die jong plantjie se vog en voeding te gryp en die beste tyd om die onkruid baas te raak is nog voor die mieliesaad ontkiem.
Ongelukkig is dit so dat alles nie altyd regloop met boerdery nie, anders sou die slagspreuk, ’n boer maak ’n plan, nooit ontstaan het nie. Omstandighede buite ’n boer se beheer, soos die weer, toerusting wat breek en ’n krimpende plantvenstertyd, kan die beste spuitprogram deurmekaar krap.
Dan is dit goed om te weet dat ’n boer kan reken op Dow AgroSciences se staatmakerproduk, SureStartTM, wat nie net ’n breë werking het nie, maar ook oor ’n langer tydperk toegedien kan word.
Dit is doeltreffend vir die beheer van vroeëseisoengrasse en breë-blaaronkruid. Die middel is geskik vir gebruik in die meeste wisselboustelsels as gevolg van die kort wagtydperk vir opvolggewasse.
SureStartTM kan in die tenk met ’n glifosaatmiddel gemeng word vir ’n eenmalige toediening.
Klop taai onkruid dubbel en dwars
SureStartTM werk op drie verskillende maniere en selfs moeilik beheerbare plante soos porslein en dubbeltjies kan beheer word.
Dit gebeur deesdae al hoe meer dat sekere onkruid glifosaattoedienings oorleef. Navorsing het bewys dat SureStartTM hierdie gaping kan vul om te sorg dat mielies die beste moontlik wegspring het.
Die middel kan op sy eie toegedien word of in ’n mengsel met MambaTM DMA 480 SL. Die volgende toedieningvolumes word aanbeveel:

*SureStartTM bevat Acetochlor, Clopyralid, Flumetsulam en Furilazole (beveiliger). Regno L10385 Wet 36 van 1947.
Gee jou mielies die beste kans. Kontak Dow AgroSciences by 021-860-3620 of 012-683-5700 of besoek www.dowagro.co.za vir meer inligting. Skakel vooraf om seker te maak vir watter mieliekultivars die middel goedgekeur is.

Hierbo volg ’n lys onkruide wat SureStartTM kan beheer.