Dit is tyd om beheer te neem – Saam met neXgro en MySilo

download
Die neXgro-Groep van Maatskappye bied reeds vir meer as 30 jaar innoverende oplossings vir die graanprodusent en die groter landbou industrie in Suid-Afrika.
neXgro verstaan die uitdagings wat produsente daagliks in die gesig staar, en daarom fokus die groep op die totale landbou eko-sisteem vanaf insetbeplanning tot marktoegang.
neXgro bemagtig die produsent om beheer te neem van sy produk met onder andere die volgende oplossings:
- Virtuele Produsentenetwerk
o Graanbemarking
o Prys- en Risikobestuur
o Akkreditasie en Oesmonitering - Graanbestuur
o Plaassilonetwerk
o Kollaterale bestuur - Graanopbergingsisteme
o Alles-in-een (“Turnkey”) Graanopbergingsoplossings
o Graanhanteringstoerusting verkope
o Projekbestuur - neXdeal
o Basis verhandelingsplatform

In venootskap met MySilo, bied neXgro vir die produsent ‘n eenstop oplossing vir sy graanopbergingsbehoeftes en is die agent van MySilo in Suid-Afrika.
MySilo, ‘n Turkye-gebaseerde vervaardiger van graansilos, het sedert 2000 meer as 30 miljoen ton se opbergingskapasiteit wêreldwyd verskaf. Jaarliks word meer as 3 miljoen ton silokapasiteit aan kliënte in meer as 60 lande op 5 vastelande gelewer. MySilo is tans Europa se grootste silovervaardiger en die 3de grootste in die wêreld. Hoewel die silobedryf se waarborgnorm 1 jaar is, word MySilo-toerusting ondersteun met ʼn waarborg van 2 jaar.

Ons bied verskeie stoorkapasiteitsoplossings tot en met 30 000 ton per silo en het al van die grootste kommersiële en plaassilos opgerig in Suid-Afrika. neXgro Graanopberging het verskeie reekse van silos tans in voorraad reeds in Suid-Afrika.
Die MySilo-reeks sluit in kegelsilos vir melkerye en varkboerderye, platboomsilos vir graanstoor en deurlugting, kommersiële kegelsilos vir meulenaars, sowel as graanskoonmaaktoerusting.
Ons bied kompeterende pryse en ons naverkopediens is van hoë standaarde.
MySilo/neXgro is daar om na die produsent se belange om te sien, op sy eie plaas.

JJ Barnard – 084-268-3332, jj.barnard@nexgro.co.za,
Jaco Barnard – 072-861-4401, jaco.barnard@nexgro.co.za,