Dís mos nou ’n spilpunt! | Lindsay

Zimmatic
Steven Gremels is ’n areabestuurder by Lindsay. Meeste mense weet dat ’n spilpunt net in ’n sirkel beweeg, maar dit beteken dat daar baie uitvalshoeke op jou veld is.
Lindsay se nuwe hoekspilpunt help om dit te verhoed! Dit het ’n toring wat knak en buig en só seker maak dat geen stukkie veld gemis word nie.
Hierdie spilpunt kan in enige vorm gebruik word – selfs ’n vierkant! Die toring wat knak neem die vorm van jou land aan.
Die spilpunt maak gebruik van VRI-tegnologie, wat toelaat dat elke spuit individueel beheer kan word, om seker te maak dat dit oral water presies neersit.
Tanya Brits is die kliëntediens en bemarkingsbestuurder by Lindsay. Sy gesels in hierdie video oor die FieldNET-tegnologie, wat boere toelaat om gerieflik op hulle slimfone of rekenaars hulle spilpunte te kan beheer. Dit beteken dat die spilpunte vanaf ’n afstand beheer kan word.
Alles gebeur dus sommer blitsvinnig, want boere hoef nie eers tot by hulle spilpunte te stap nie!
Vir meer inligting oor die produk, besoek die Facebook-blad Zimmatic by Lindsay.