Categories: NewsPublished On: 19th July 2016

Dis droër as ooit tevore in KZN

By 1 min read
145 words

rivier kzn

Die Umfolozirivier, wat deur KwaZulu-Natal vloei, het opgedroog as gevolg van die droogte wat in hierdie provinsie vererger het.

Die opdroging van die rivier het ‘n groot uitwerking op areas soos St Lucia, die tuiste van die iSimangaliso Vleilandpark (‘n 332 000 ha park en ‘n wêrelderfenisgebied), Mtubatuba, Hluhluwe, Umhlabuyalingana, Jozini en Hlabisa.

Die droogte is gesentreer in die Umkhanyakude-distrik wat reeds in Januarie deur die provinsiale regering as ‘n rampgebied verklaar is.

‘n Woordvoerder van die Umkhanyakude-distriksmunisipaliteit, Mduduzi Dlamini, sê die opdroging van die Umfolozi-rivier het verreikende gevolge: “Dit raak die verskaffing van water in die omgewing. Die munisipaliteit wil dit onder die inwoners se aandag bring om water spaarsamig te gebruik.”

Hy sê ook die watervlakke in die Jozini-dam is baie laag. Die munisipaliteit het gereel dat water by die eMpangeni dam gaan haal word om aan die plaaslike gemeenskap te verskaf.

Bron: Bizcommunity

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0