Die nuwe Toyota Yaris: Voel die pols

yaris-pulse_006_1800x1800
Die nuwe Toyota Yaris, wat sy wêreldbuiging vroeër vanjaar op die Geneefse Motorskou gemaak het, is nou as hersiene reeks in Suid-Afrika te koop en bied klante ’n aansienlik groter keuse en verbeterde toerusting regdeur die reeks. Toyota Suid-Afrika Motors (TSAM) noem die verbeterde Yaris die Pulse om te simboliseer hoedat nuwe lewe in die reeks geblaas is.
Glenn Crompton, TSAM se visepresident vir bemarking, sê: “Toyota het ’n nuwe stilering in die hersiene Yaris-reeks aangeneem om die mededingende segment vir klein luikrug-motors ’n bykomende hupstoot te gee. Die motor se nuwe buitestilering, waaronder aansienlike veranderings aan die voor- en agterkant, sorg vir ’n meer aktiewe en dinamaiese voorkoms terwyl dit ook ’n meer verfynde koers inslaan.”
’n Sterker modelreeks
Die Yaris Pulse slaan ’n frisser stileringshouding in met nuwe voor- en agterkant-ontwerpe wat die motor ’n sterker ontwerpharmonie en ’n meer aktiewe en dinamiese voorkoms gee.
Die algehele voorkoms is ook meer verfynd, met vars detailwerk vir die romp en die kajuit sowel as nuwe kleurkeuses wat die model se hoë gehaltegevoel nog verder versterk.
Kopers kan een van drie eenvormige kleure kies ‒ gletserwit (Glacier White), satynsilwer-metaalvlokkieverf (Satin Silver Metallic) en kosmiese blou (Cosmic Blue) – of tweekleurig (met ’n swart dak), wat pêreldwit (Pearl White 2-Tone), grys (Grey 2-Tone) en bergrooi (Cinnabar Red 2-Tone) insluit.
Die groter klantekeuse sluit ook ’n nuwe petrolenjin van 1,5 liter in wat 12% meer krag en wringkrag as die vorige 1,3ℓ-weergawe lewer, dog tot 12% beter brandstofekonomie bied.
Wat die hibriedmodel betref, het Toyota se ingenieurs daarop gefokus om ’n selfs nog stiller rit te bewerkstellig – veral wanneer die motor versnel ‒ deur ’n string maatreëls in te stel, waaronder nuwe enjinmonterings, nuwe romprolbeperking, nuwe voorste halfasse en ’n nuwe subraam. Die ontwerp van die nuwe enjinmonterings en verstellings aan die skokbrekers en elektriese kragstuur het ook die hibried-weergawe se ritgemak en stuurpresisie aansienlik verbeter.
Toyota se benadering tot die nuwe Yaris Pulse gaan nie net daaroor om die motor te verbeter nie, maar ook ’n sterker modelreeks te skep wat ontwerp is om aan die vereistes en voorkeur van ’n breër en aansienlik meer kieskeurige klantebasis te voldoen. Die nuwe model word ook met ’n nuwe graderingstrategie bekendgestel, wat spesifieke eienskappe teiken – van waarde vir geld tot eietydse styl en gerief.
Ontwerp
- Ontwerpverbeterings fokus op ’n meer aktiewe en dinamiese voorkoms met groter verfyning
- Klem op horisontale lyne en sterker driedimensionele argitektuur wat ’n breë houding en lae swaartekragmiddelpunt weerspieël
- Nuwe voorkant pronk met ’n katamaran-agtige ontwerp met nuwe kopligsamestelle, ’n nuwe ontwerp vir die sierrooster en meer eenvoudige uitleg van die onmiddellike omgewing om die Toyota-kenteken
- Nuwe laer drumpels beklemtoon die nuwe Yaris Pulse se atletiese profiel
- Nuwe stertkant, stertlighulsels en agterbuffer
- Nuwe kajuitbekleedsel, binneruimbeslag en kleurkeuses
Buitekant
Die herontwerp van die voorkant van die motor pronk met ’n nuwe voorste buffer wat ’n tweeromp-ontwerp vorm met breë vorms wat van onder die kopligte af aan weerskante van die breë, trapesiumvormige sierrooster ondertoe vou. Dit lei tot ’n duideliker driedimensionele voorkoms en ’n gevoel van ’n breër, stewiger houding op die pad. Die vereenvoudigde uitleg om die Toyota-kenteken in die middel lewer ’n positiewe bydrae tot die algehele dinamiese impak.
Die sierrooster self slaan munt uit nuwe afwerking wat ook ’n bydrae tot die Yaris Pulse se meer onverskrokke voorkoms bied, met trapsgewyse horisontale stawe wat ’n aantrekliker driedimensionele voorkoms bied. Die ingeboude mislighulsels aan weerskante van die sierrooster is vlakker en pronk met ’n vertikale lyn wat soepel om die buitenste lyn van die buffer (met sy helder chroomdetail in die hoërgraadmodelle) buig.
Nuwe kopligte
Die nuwe kopligsamestelle bevorder die voorkantontwerp nog verder en lewer ’n nuwe beligtingseienskap wat vertroue en individualiteit uitstraal. Die treffendse detail is om die hoofligte waar ’n kenmerkende vurkpatroon gevorm word deur dun chroomstafies binne die eenheid te gebruik.
Hersiene agterkant-ontwerp met ’n nuwe stertdeur, buffer en ligte
Die verbeterde gevoel van verfyning en die voorkoms van ’n breër houding word geskep deur ’n nuwe stertdeur-ontwerp wat die horisontale fokus verleng met nuwe stertlighulsels wat van die modderskerms tot in die deur strek.
’n Tweerompskuit-agtige ontwerp – soortgelyk as aan die voorkant – word agter ingespan en sluit ’n nuwe buffer in wat volmaak by die lyne van die stertdeur aanpas en ’n lae swaartekragmiddelpunt en ’n breë houding op die pad weergee.
Die kragtige gehalte van hierdie ontwerp word deur ’n nuutgevormde omgewing om die nommerplaat en die toevoeging van swart detail in die onderste deel van die buffer wat met ’n weerkaatsende rand en horisontale lyne afgewerk is, versterk.
Binneruim
Die fokus vir veranderings aan die Yaris Pulse se binneruim was om die voorkoms en gevoel van die kajuit vars en modern te hou deur nuwe bekleedsel, kleure en beslagdetail in te span en die instrumente en kontroles op te gradeer ten einde skitterende ergonomie in die hand te werk.
Van die binneruimveranderings bevorder ’n meer moderne gevoel, veral wat die nuwe kleure, beslag en verbeterings aan die instrumente en kontroles betref. Die binneruimbeslag is ’n modieuse swart en liggrys in al die modelle buiten die ruim toegeruste Yaris Pulse Plus CVT, wat swart beslag het.
Die driespeek-stuurwiel het ’n nuwe voorkoms en pronk met die toevoeging van klavierswart-inlegsels. ’n Nuwe chroom-rand rond die saamgestelde meter af wat die instrumentehuisie nog meer verfyn laat lyk.
Ander detailveranderings sluit in nuwe luguitlate, naatlose werking van die multimedia-skerm en kontroles in die middelkonsole, waaronder nuwe skakelaars wat netjieser lyk en makliker is om te gebruik.
Dinamiese verrigting
- Nuwe petrolenjin van 1,5ℓ met VVT-iE wat meer krag en wringkrag lewer en groter brandstofdoeltreffendheid en minder uitlaatgasse as die vorige 1,3ℓ-enjin bied
- Gekoppel aan ’n sesgang-handratkas of palwissel-transmissie (CVT, met 7 kunsmatige ratte met pedaalwissels aan die stuurwiel)
- Brandstofekonomie met tot 12% verbeter
Die nuwe enjin versnel 0,8 sekondes vinniger van 0 tot 100 km/h as die vorige 1,3ℓ-weergawe (11 sekondes vir die 1,5ℓ-handrat en 11,2 sekondes vir die CVT) terwyl sy verbysteeksnelheid in vyfde rat meer as ’n sekonde beter is.
Iets wat bewys wat Toyota in ’n turbolose enjin kan doen om dit nog meer brandstofdoeltreffend te maak, is om dit so hoë termies-doeltreffende waarde as moontlik te gee: 38,5%. Daarbenewens is die nuwe 1,5ℓ-enjin nou ook deel van die ESTEC-enjinfamilie (ekonomie met ontbranding teen uitstaande termiese doeltreffendheid). Dié enjin het ’n hoë drukverhouding (13,5) en ’n verkoelde uitlaatgashersirkuleringstelsel.
Laastens slaan die 2017-Yaris ook munt uit iets wat VVT-iE genoem word, waar iE staan vir “intelligente stelsel elektriese motor”. Dit beteken die inlaatfase van die nokas word elektries beheer, waar dié van die uitlaatsiklus hidrolies is.
Die Yaris Pulse is steeds die enigste motor in sy segment wat ook met hibried-aandrywing beskikbaar is. Toyota het bykomende maatreëls getref om die hibried-ervaring te verbeter, wat ’n nuwe subraam, nuwe enjinmonterings, nuwe halfasse en ’n nuwe romprolbeperker insluit om die motor selfs nog stiller en gladder te maak, veral wanneer die bestuurder vinnig versnel.
Die keuse van kragbronne word deur die bestaande 1,0ℓ-VVT-i-driesilinder-petrolenjin met ’n vyfgang-handratkas afgerond. (Detail-enjinspesifikasies is op die spesifikasielys te sien.)
Modelreeks
| Pulse (handrat en CVT) | Pulse Plus (CVT) | Hibried |
| Voertuigstabiliteistbeheer | Gordyn- en knielugsak vir die bestuurder | Outomatiese dubbele lugversorging |
| Lugsakke vir die bestuurder en voorste passasier en kantlugsakke | Projektor-tipe hoofligte | Aansitter-drukknop |
| Bluetooth | Spoedbeheer | Ligdiode-dagligryligte |
| USB | Ligdiode-stertligte | |
| Leerbekleding vir die stuurwiel en ratkierieknop | ||
| Misligte voor en agter | ||
| Lugversorging | ||
| 15”-allooisierwiele | ||
| Elektries beheerde vensters voor en agter | ||
| Afstand beheerde sentrale sluiting | ||
| Gloeilamp-dagligryligte |
- Die Yaris is steeds ’n goeie waarde-vir-geld-produk en al die modelle het ’n diensplan van 3 jaar/45 000 km en ’n waarborg van 3 jaar/100 000 km.
- 0 Pulse-handrat: R199 000
- 5 Pulse-handrat: R228 700
- 5 Pulse CVT: R241 400
- 5 Pulse Plus CVT: R249 600
- Hibried: R307 200
Bron: Toyota


