Categories: Artikels, Meganisasie, TrekkersPublished On: 10th February 2023

Die nuwe sessilinder is hier! John Deere se 6140B-kajuittrekker

By 3 min read
635 words

Screenshot 2023-02-10 111045

Hier is krag! Die nuwe 6140B-kajuittrekker is toegerus met John Deere se beproefde sessilinder turboaangejaagde Vlak III-enjin, wat die nuutste John Deere-enjintegnologie insluit. Die 6140B is ՚n uitstekende keuse vir die produksie van graan, hooi en voer, suikerriet, hout en ander gewasse.

John Deere Africa Middle East het onlangs hulle 6140B-kajuittrekker as ՚n toevoeging tot die huidige 6B-modelreeks bekendgestel. Alle boere kan baat vind by die veeldoeligheid en 140 perdekrag / 103 kW van hierdie masjien, veral diégene wat in primêre bedrywe werk.

Wat maak die 6140Bkajuittrekker anders as die huidige 6B-reeks?

Tot op hede was die 6B-reeks slegs beskikbaar met ՚n viersilinder, 4,5-liter enjin. Die nuwe 6140B-kajuitmodel is die eerste model in die 6B-reeks wat toegerus is met ՚n kragtiger ses-silinderkragbron, wat ՚n elektronies beheerde drukbuis brandstofinspuiting-stelsel (common rail), tussenverkoeler en swaardiens PowerCore™ lugfilterstelsel insluit.

Geoptimaliseerde brandstofdoeltreffendheid, onmiddellike wringkragreaksie en die hoogste enjinbetroubaarheid is alles voordele van hierdie moderne enjintegnologie. Boonop kan hierdie hoëgehalte, goed gebalanseerde swaardienstrekker in enige toepassing aangewend word – vanaf swaar primêre bewerking, plant, spuit, strooi, sny, baal en materiaalhantering tot vervoerwerk. Hierdie trekker is ook uitgeknip vir werktuie soos skeurploë, spoedsnyskywe, grondbewerkers, 8-ry planters en spuite.

Kragoordragopsies

Die 6140B-kajuittrekker, beskikbaar in ՚n Standaard- en Deluxe-model, is toegerus met òf ՚n 12F/4R TSS 40 km/h ratkas met nat koppelaar, òf ՚n 24F/12R TSS 40 km/h ratkas met Hi-Lo, PowerReverser™ en nat koppelaar. Dit stel boere in staat om die trekkeroplossing te kies wat die beste by hulle boerderybehoeftes pas.

Bykomend tot die veelsydigheid wat die twee transmissie-opsies bied, word werkverrigting en doeltreffendheid verder verbeter deur die swaardiens CAT IIdriepunthyser met 5 400 kg-hysvermoë, drie hidrouliese beheerkleppe (SCVs) met 200 bar konstante vloei, en ՚n 540/1000 opm omkeerbare kragaftakker (PTO).

Wat meer kan jy van die 6140B verwag?

Pasgemaakte opgradering

Die 6B se moderne kajuit maak jou werksomgewing aangenamer en doeltreffender. Die nuwe PowerReverser™-funksie, tesame met die kantelbare en teleskopiese stuurkolom, hoëprestasielugversorging en geveerde sitplek, maak elke minuut in hierdie kajuit ՚n genotvolle ervaring.

Regte balans en volle aanpasbaarheid Korrekte gewigverspreiding is noodsaaklik vir maksimum kragoordrag en doeltreffende werkverrigting. Die 6B se afmetings, onderstel, wielbasis en aanpasbare gewigsverspreiding maak hierdie veeldoelige trekkerreeks die voorkeuropsie vir enige taak.

Maklike werking

Die elektro-hidrouliese kragaftakker-(PTO)-skakelaar bied vingerpuntbeheer vir in- en uitskakeling.

Kragomkeerdoeltreffendheid

Met die PowerReverser™-funksionaliteit is rigtingveranderings nou gemakliker, geriefliker en vinniger vir die hoogste werkdoeltreffendheid.

Perfek gebalanseerd

Die tweekrag-verstelbare Hi/Lo-ratte verhoog produktiwiteit tot 15%, en verseker ՚n verbetering in brandstofdoeltreffendheid van tot 13% tydens swaartrektoepassings, danksy soomlose oorskakeling sonder enige verlies van traksie.

Diens

Dienspunte is maklik bereikbaar en die verkoelingstelsel is maklik om skoon te maak danksy die kantelstelseleenhede.

Oor John Deere

Met ՚n ryk geskiedenis van meer as 140 jaar in Suid-Afrika, is John Deere ՚n betroubare, wêreldbekende leier in die vervaardiging van landbou-, konstruksieen bosboumasjinerie-oplossings met die nuutste presisietegnologie.

Met sy volgehoue fokus om sy teenwoordigheid regdeur die Afrika MiddeOoste-streek (AME) te versterk, bedien John Deere AME sy kliënte deur meer as 218 handelaarpunte regoor Afrika Midde-Ooste en ondersteun sy handelaarsnetwerk met ՚n plaaslike onderdeleverspreidingsentrum in Suid-Afrika asook verkoops- en bemarkingskantore in SuidAfrika en Kenia.

John Deere AME is daartoe verbind om ՚n kenmerkende dienservaring te bied, tesame met oplossingsgedrewe advies van sy gemagtigde handelaarsnetwerk en John Deere Financial Solutions, en bevorder voedselsekerheid terwyl hy aktief ՚n suksesvolle en inklusiewe landbougemeenskap bevorder en Afrika se groei ondersteun deur middel van sy konstruksie- en bosbou-oplossings.

Met kernwaardes van integriteit, gehalte, toewyding en skeppingskrag, bly John Deere AME toegewyd aan die sukses van sy kliënte, die mense wat die grond bewerk, verryk, daarvan oes en daarop bou om in die wêreld se toenemende behoefte aan kos, klere, skuiling en infrastruktuur te voorsien.

Om meer te wete te kom oor die nuwe 6-silinder 6140B kajuittrekker, besoek www.deere.africa of kontak jou plaaslike handelaar

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0