Die kanaalbreuk in die Wes-Kaap word herstel

kanaalbreuk Agri WEs-kaap
Die Wes-Kaap het nie net die afgelope tyd swaargekry as gevolg van die droogte en brande nie, maar moet ook nou sonder water klaarkom.
‘n Kanaalbreuk onder die Bulshoekdam buite Clanwilliam word steeds herstel nadat die kantpanele verlede week weggespoel het. Dit word tydelik met staalkonstruksie reggemaak.
Die breuk het verlede Dinsdag, 17 Januarie 2017, plaasgevind. Dit beteken dat boere in die Olifantsriviervallei en inwoners van die dorpe Klawer, Vredendal, Lutzville, Ebenhaezer en Vanrhynsdorp nie water gehad het nie.
“Die wingerde en inmaaktamaties kry baie swaar in hierdie kritiese besproeiingstydperk,” sê Agri Wes-Kaap op hulle Facebookblad.
Agri Wes-Kaap sê ook dat die boere teen vandag moontlik weer water sal hê.