Categories: Artikels, MeganisasiePublished On: 24th March 2025

Die beste koppie koffie by NAMPO is die een saam Drotsky

By 2 min read
312 words

drotsky nampo

Al die beste idees word oor ‘n koppie koffie bespreek, sê die mense wat weet. Drotsky se mense weet hulle dat klante se terugvoer goud werd is en daarom nooi hulle ou, nuwe en sommer toekomstige klante uit om by hulle NAMPO-stalletjie ‘n draai te kom maak.

Van die eerste hamermeul wat Gert Drotsky in 1962 gebou het, het die maatskappy nog net vorentoe beweeg. Hulle is deeglik bewus van die feit dat tegnologie in die landbou soos die seisoene verander en daarom bly hulle deurentyd op hoogte van die nuutste ontwikkelinge om net die nuutste inligting en tegnologie by hulle klante uit te kry.

In 2024 het Drotsky die klem gelê op outomatisering. In Durbanville by Groot Phesantekraal het hulle ‘n reeds bestaande pilaanleg omskep in ‘n ten volle geoutomatiseerde aanleg. Jaundré Brink van Groot Phesantekraal het reeds pilasjiene gebruik, maar hulle wou die aanleg uitbrei om ‘n alles-in-een aanleg te word.

Drotsky vir twee-en-‘n-half jaar gewerk om onder meer graantenks en ‘n hamermeul te inkorporeer. Die merkwaardige ding van die aanleg is dat Jaundré nou sy voerpille kan maak deur net een knoppie te druk. Die aanleg meet self die bestanddele af, maal, meng en maak voerpille.

Drotsky bou hulle sakebedrywighede op gehalte, integriteit, respek, samewerking, verantwoordelikheid, veiligheid en maatskaplike ontwikkeling. Hierdie is waardes wat hulle ook na hulle verhoudings met hulle klante deurtrek.

Hulle glo dat hulle baie by hulle klante kan leer oor die uitdagings wat ‘n moderne boer elke dag in die gesig staar. Dit is juis waar Drotsky inkom, want met hulle aanpasbare oplossings kan hulle jou help om jou boerdery meer doeltreffend en winsgewend te maak. As jy dit kan droom, kan hulle dit bou.

Drotsky se hoogsvaardige span gaan by NAMPO Bothaville 2025 wees en hulle wil jou graag daar sien. Maak ‘n draai en geniet ‘n koppie koffie – wie weet watter idees daar kan uitkom?

0
Tags: ,

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0