Categories: NewsPublished On: 17th November 2016

Damvlakke hierdie week

By 3 min read
555 words
gariepdam

gariepdam

Die gemiddelde damvlakke is hierdie week 0,8% hoër as gevolg van die reën wat verlede week neergestort het en staan nou op 48,7%. Dieselfde tyd verlede jaar was die damvlakke op 63,6%. Alle provinsies behalwe die Oos-en Wes-Kaap weerspieël ‘n toename.

Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) sal storms aan die einde van die week terugkeer na die Hoëveld (Vrystaat, Gauteng, Oostelike Hoëveld en Mpumalanga).

Damme en stelsels:

Algoa-stelsel:

Vyf damme dien Nelson Mandela-baai: Hierdie week is daar ‘n afname van 0,9% en die stelsel staan op 66,4%. Verlede jaar hierdie tyd was dit op 100%.

Amathole-stelsel:

Ses damme dien die Buffalo City: Hierdie week is daar ‘n verhoging van 0,7% en die stelsel staan op 77,7%. Verlede jaar dieselfde tyd was dit op 99,2%.

Kaapstad damstelsel:

Ses damme wat hoofsaaklik die stad van Kaapstad dien: Hierdie week was daar ‘n afname van 1,6% en die stelsel staan op 57,1%. Die stelsel was op 68,1% dieselfe tyd verlede jaar. Die Voelvleidam is laer met 1,7% en staan op 67,4%. Die Clanwilliamdam is ook laer met 2,7% en staan op 92,3%. Daar is 20% waterbeperkings in plek vir huishoudelike- en landbougebruike in die Kaapstad-stelsel. Die stad van Kaapstad het hulle vlak van beperking na vlak 3 verhoog.

Umgeni Damstelsel:

Vyf damme wat hoofsaaklik eThekwini en Msunduzi dien. Hierdie week is daar ‘n verhoging van 1,7% en die stelsel staan op 46%. Die stelsel was hierdie tyd verlede jaar op 63,2%. Hazelmere staan op 71,8% wat ‘n verhoging is van 3,3% week-op-week.  Nageldam is 69,4% vol. Die Midmardam is hoër met 1,9% en staan op 50,5%. Waterbeperkings van 15% vir huishoudelike, 50% vir besproeiing en 15% vir die bedryf is in plek.

Ander KwaZulu-Natal damme: (Is baie laag maar het vir die eerste keer die somer bietjie verhoog)

Klipfontein staan op 11,6% en het met 1,2% verhoog,  Hluhluwe het met 3,5% verhoog en staan op 24,4% en Goedertrouw het met 1,4% verhoog en staan op 19,6%. Die stabilisering van hierdie damvlakke is as gevolg van die reën die afgelope week. Die huidige beperkings vir die Goedertrouwdam sal op 15% vir die bedryf, 40% huishoudelik en 80% besproeiing bly.

Die Vaalrivier-stelsel:

Die 14 damme wat hoofsaaklik aan Gauteng, Sasol en Eskom water verskaf, het verhoog met 1,6% en staan op 50,6%. Die stelsel was verlede jaar op 66,3%. Katse-dam is op 39,1% en het met 1,2% verhoog. Die Vaaldam het met 5,3% verhoog na 31,5%. Die Sterkfonteindam het met 0,5% verminder en staan op 91,3% as gevolg van die dam wat oorloop en na die Vaaldam toe hardloop. Die Sterkfonteindam se water is steeds op pad na die Vaaldam. Die Grootdraaidam is op 72,5% en het met 7% verhoog. Waterbeperkings van 15% vir stedelike en 20% vir besproeiing is in plek.

Oranjeriver:

Die Gariepdam staan op 47,7% en het met 0,3% verhoog en die Vanderkloofdam staan op 59,7% en het met 1% verminder. Daar is waterbeperkings van 10% vir stedelike en 15% vir besproeiing ingestel.

Polokwane-stelsel:

Twee damme met ‘n afname van 0,2% en staan op 28,1%. Beperkings van 20% vir alles gebruikers is in plek.

Crocodile West-stelsel:

Ses damme wat hoofsaaklik Tshwane Madibeng en Rustenberg dien is af met 4,2% en staan tans op 84%. Die stelsel was op 74,9% dieselfde tyd verlede jaar.

Bloemfontein-stelsel:

Vier damme wat hoofsaaklik Mangaung dien. Hierdie week was daar ‘n verhoging van 1,1%  en dit staan op 36,6% in vergelyking met 28,3% van dieselfde tyd verlede jaar. Die Welbedachtdam staan op 116%, dit is as gevolg van reën in die Caledonrivier. Waterbeperkings is 30% vir stedelike en 75% vir besproeiing.

Die departement monitor 211 damme op ‘n weeklikse basis. Op 14 November was 21 damme onder 10%, 66 damme onder 40% en 10 damme bo 100%.

Bron: Department van water en sanitasie

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0