Categories: Irrigation, NewsPublished On: 2nd February 2016

Damme in Suid-Afrika

By 1 min read
167 words

gariepdam

Die grootste dam in Suid-Afrika, Gariep, is tans net 46,9% vol. Hierdie dam kan 5 196 miljoen kubieke meter water dra. Die Vanderkloofdam, wat die tweede grootste dam in Suid-Afrika is, is nog 67,6% vol. Verder is die Vaaldam 52,6% vol en die Sterkfonteindam 87,4% vol, die Sterkfonteindam is bietjie groter as die Vaaldam. Die Pongolapoortdam in KwaZulu-Natal is 48,1% vol en die Bloemhofdam is huidig 21,2% vol.

Die gemiddelde waterinhoud van die vernaamste besproeiingsdamme in Suider-Afrika (insluitende die damme in Swaziland en Lesotho) is ongeveer 54,8% vol, wat ongeveer 28 persentasiepunte laer is as die ooreenstemmende syfer van 82,6% verlede jaar. Gedurende Januarie 1985 was hierdie syfer veel laer, naamlik 42%. Die Sterkfonteindam se vlakke word kunsmatig hoog gehou aangesien hierdie dam baie diep is met ‘n kleiner oppervlakte wat keer dat verdamping vinnig plaasvind. Water word gewoonlik uit hierdie dam gelaat om die Vaaldam aan te vul en om plek te maak vir water vanaf die Katsedam in Lesotho. Daar word nog reën verwag wat hopelik die damme voller sal maak.

Bronne: Agri SA, Departement van Waterwese

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0