Collet Farming top gehalte genetika Meatmaster veiling 23 Februarie 2023

collet-farming-superior-genetics-meatmaster-auction-23-february-2023-venterstad-888230-606057
521 Meatmasters: 121 uitstekende geregistreerde ramme, 200 geregistreerde ooie, 200 kommersiële ooie.
Die redes waarom geen telers die veiling mag misloop nie!!
Trotse wenner van die beste kleinvee kudde van die jaar onder alle skaap en bok rasse vir 2015 /2017 en 2019. U wetenskaplike waarborg vir die beste genetika.
37ste Produksie veiling. Tevrede kliënte ons hoof prioriteit vir 50+ jaar van stoetteling.
Ons bied aan u die produk van jare se toegewyde wetenskaplike en fenotipiese seleksie vir winsgewendheid!
Graag wil ons u almal hartlik uitnooi na ons 37ste Produksie veiling die 23ste FEBRUARIE 2023 op La Rochelle, Venterstad. Ons beveel aan dat u om 14:00 die middag voor die veiling van die skaap besigtig, inligting insamel en na die tyd lekker saam BRAAI. Laat weet asb. as u die middag sal bywoon sodat voorsiening gemaak kan word vir etes.

Vervoer: Vervoer sal beskikbaar wees. Kontak asb vir PW van Heerden 083 627 4133
Akkurate rekordhouding, wetenskaplike en uiters streng fenotipe (hoe die skaap lyk) seleksie in perfekte balans vir maksimale wins verseker dat ons stoet en ons kopers die voordeel kry van nie net die mooiste Meatmasters nie maar ook die BESTES beskikbaar.
Geen inteling: Ons Meatmasters bestaan ook uit 7 verskillende bloedlyne en ramme word nooit langer as twee jaar gebruik sodat inteling nooit ‘n probleem vir ons of ons kliënte is nie. Dit word onder 4% gehou.
Suiwer Meatmasters vir tot 10 geslagte suiwer geteel. Die eienskappe wat die koper in hulle raaksien en ook hulle produksie potensiaal is dus vas geteel en sal dit aan hulle nageslag oorgedra word. Met eerste en tweede kruisings is dit glad nie moontlik nie. U koop hoofsaaklik baster krag wat verdwyn en jou ontevrede laat.
Ons aanbieding vanjaar sluit in sewe uitstekende beproefde ramme, Die beroemde Zondo wat ek beskou as een van die heel beste ramme wat ons nog ooit geteel het en ander almal uitstekende voorbeelde van Meatmaster tipe. Die 110 Uitmuntende Jong Ramme is uitgesoek onder 250 ramme en verbeter jaarliks. Ons wil seker maak dat almal kwaliteit ramme en ooie kry wat hul sak pas . Die gehalte van die ooie is ook iets besonders en het almal geloop by ons beste Stoet ramme. Van ons ramme en ooie behaal van die duurste pryse op Nasionale en ander veilings deur die jaar, maar u kry slegs die heel beste Meatmasters net op ons Produksie veiling teen redelikste pryse. Dit sal beslis u brandstof na die veiling betaal.

Kopers wat nie die veiling kan bywoon nie, kontak ons om te help met aankope en vervoer. Die veiling word ook deur die internet lewendig aangebied deur Swiftvee https://auctions.swiftvee.com/auctions/collett-farming-37th-production-sale-wAN of u kan inskakel om telefonies te bie. Kontak Swiftvee by 064 032 4839 of Vleissentraal Mario Kruger by 060 522 3906 . Skape kan ook na die veiling vir ‘n week of twee op kopers risiko op die plaas gehou word.
Inligting: www.clyntoncollett.com en www.facebook.com/superiorgenetics vir foto’s, besonderhede, katalogus en verblyf. Skakel ook gerus 0814890198 / 0614365202 ons help graag.
Kom geniet die dag saam met ons en leer meer van hierdie wonderlike skaapras. Etes en drankies is gratis. Kopers en nie -kopers almal is hartlik welkom. Clynton, Dora, Angelique en Mario.
Klik op die Agri4All-skakel of die Facebook-blad vir bykomende inligting.