CLAAS span nuwighede in om die boer te dien

New Picture (18)
Geesdriftige en kundige spesialiste met ‘n grondige begrip van die boer se behoeftes werk onvermoeid by CLAAS
om die boer immer nuttiger en lonender tegnologie te bied. Verlede maand het ons by CLAAS se hoofkantoor in Harsewinkel gaan kuier. Hierdie maand delf ons dieper in die opwindende wêreld van CLAAS-tegnologie en die erkenning wat hulle by AgriTechnica 2015 daarvoor gekry het. Verder vertel ons watter nuwe tegnologie in trekkers op Suid-Afrikaanse boere se plase te sien is.

Teen skuinstes werk die derde paar rotorklappe (bo) nou saam met die waaier wat van onder af blaas om al die materiaal deur die stelsel te kry.
Silwer medaljes by AgriTechnica
Van die 44 silwer medaljes wat aan gedugte deelnemers regoor die wêreld toegeken is, kon CLAAS 5 inpalm. Dit is
’n klinkklare bewys van hierdie werktuig- en trekkerreus se toegewydheid om landbou deurentyd vars, opwindend,
toepaslik en lonend te hou. Die vyf nuutskeppings is in hulle stropers, kuilvoerkerwers, balers en programmatuur
te sien:
1. Die LEXION 700-reeks se groter, hibriede modelle het ’n verbetering op hulle 3D-skoonmaakstelsel ondergaan
deur ’n nuwe skoonmaakdimensie by te voeg. Stropers se siwwe stel hulleself deesdae teen hellings na die horisontale vlak reg, maar dit is nie voldoende om die groter masjiene skoon te hou nie. Nou het CLAAS ‘n plan om daardie lastige graan wat dreig om op die stroperpens versamel, betyds uit die binnegoed te verwyder en ook tapkar toe te stuur waar dit hoort. Onderaan die rotor het daar nou ’n bykomende derde paar klappe bygekom wat onafhanklik en outomaties saam met die waaierspoed kan verstel na gelang van die sywaartse of voorwaartse
helling waarteen die stroper moet werk, asook die lading op die skoonmaakstelsel op ‘n spesifieke oomblik.
2. ’n Tweede baanbrekersontwerp aan die LEXION 700-reeks is die outomatiese materiaalvloeimonitering. Die stelsel help die operateur om in veral moeilike en uitdagende omstandighede materiaalvloeiopeenhopingsprobleme en verkeerde instellings in ’n vroeë stadium raak te sien. Die stelsel moniteer en vergelyk ook deurentyd die omwentelingspoed van die enjin, die APS-dorsmeganisme en die twee rotors met mekaar. Indien ’n probleem ontstaan, word die kritieke komponente afgeskakel of stadiger gestel om ’n breuk en langer, duurder staantyd te voorkom.
3. Aan die JAGUAR-kuilvoerstroper het CLAAS ook ’n tegnologiese deurbraak gemaak en daarmee ‘n onverbeterlike
werktuig verbeter. Die MMC MAX-kneuserstelsel (conditioner) is ontwerp om mieliekuilvoer na die optimale gehalte te verwerk. Die JAGUAR kan mieliekuilvoer tussen 7 en 22 mm lank sny (wat die gewildste snylengtes is). Elke roller het ’n saagtandprofi el met 30 ringvormige segmente wat so geposisioneer is dat dit die kuilvoer buiten die skuuraksie ook deur middel van deursny- en skeurkragte kan verwerk. Nou kan die stamme en veral die pitte fyner gebreek word om meer verteerbare stysel te ontgin. Dit beteken dat ’n melkboer meer melk kan produseer terwyl die aanvullings verminder kan word. Die MMC Max kan ook materiaal met ’n wyer verskeidenheid vogpersentasies versorg om steeds kuilvoer van die hoogste gehalte te lewer.
4. CLAAS se QUADRANT-balers spog nou ook met ’n outomatiese persbeheerstelsel. Danksy die APC (outomatiese drukbeheer) in die nuwe vierkantige balers – die QUADRANT 5 200 en 4 200 – word onbedrewe operateurs gehelp om steeds perfekte bale uit te stoot. Ten spyte van wisselende materiaalgehalte kan bale met ‘n eenvormige digtheid gepers word. In die vorige stelsels is die druk met die hand beheer, maar nou gebruik CLAAS
saam met die masjien se operateurs se vermoë ook die baaltou se treksterkte as ’n bykomende kontrolehulpmiddel. Die stelsel lewer nou die optimale baaldruk deur die treksterkte van die baaltou te gebruik (wat voor die tyd deur die
operateur by die terminaal ingesleutel word) asook die gemete spanning op die masjien se raam om te verhoed dat die stelsel oorlaai word. So word deurgaans eenvormige bale gelewer.
5.Voorheen het ‘n boer uit gewoonte ’n bepaalde roete op sy lande gevolg wat meestal van geslag tot geslag oorgedra
is, maar daardie dae is verby. CLAAS se veldroete-optimiseringstelsel dui nou vir die boer die beste en kortste roete aan en werk ook uit hoeveel tyd die boer sal bespaar. “Dit beteken dat gemiddeld 6% minder tyd in die lande deurgebring word,” sê Josef Maier van CLAAS se E-stelsels. Die programmatuur kan ’n land ook in subseksies verdeel indien dit sal help om tyd te bespaar. Nou kan die beste roete vir enige masjien bepaal word en die resultate kan op ’n gewone rekenaar of tablet vertoon en uitgedruk word.

Die JAGUAR-kuilvoerstroper spog nou met MMC MAX-kneuser met rewolusionêre mieliepitkrakerrollers om kuilvoer van ‘n uitstekende gehalte te lewer.
Skakel Kempston Agri by 043-703-3100 of stuur ’n e-pos aan Michael Howell by
Michael.howell@kagri.co.za of Etienne van Wyk bynEtienne.vanwyk@kagri.co.za om meer uit te vind oor CLAAS en hulle verstommende tegnologie.