Chemvet bied steeds pasmaak oplossings ten spyte van swak ekonomiese omstandighede

MONTAGU2
Ná meer as 44 jaar is Chemvet ’n staatmaker wat bankvas agter die landbougemeenskap staan. Chemvet word reeds sedert 1979 vertrou as ’n vervaardiger en verspreider van die allerbeste omheinings- en staalprodukte. Dié maatskappy se produkte en diens is van hoogstaande gehalte.
Wat kan Chemvet vir jou bied?
In dié maatskappy se stal is ’n uitgebreide staal- en omheiningsreeks wat die volgende insluit:
Staal: A en B graad pyp, plaat, lipkanaal, hoekyster, soliede staal, kolomme, IPE’s
Omheining: Wild-; elektriese-; sekutiteit-; veeheining, palisade , defence, hingejoint
Konstruksie: Pluimvee-; varkbehuising, skure , store , pasgemaakte trappe, relings
Allerlei hekke: Skuif -, plaas-, diamant- of pasgemaakte hekke
Vrystaande staaltorings
Hoekom Chemvet?
Chemvet se produkte word plaaslik vervaardig en word landwyd, asook aan Suid-Afrika se buurlande, versprei. Chemvet verskaf topgehalte-, gegalvaniseerde, swaardienstipe materiaal wat aan alle SABS-standaarde voldoen.
Die voordeel van Chemvet se vervaardigingskapasiteit is dat die maatskappy produkte volgens die klant se behoefte kan vervaardig. Dit is dus doelgemaak vir spesifieke projekbehoeftes, soos omheining om probleemdiere uit teelkampe te hou, veeboerdery of wildsplase. Die draadblokke kan groter of kleiner op verskillende hoogtes vervaardig word.
Aangesien Chemvet gediversifiseerd is wat staal- en omheiningsprodukte betref, kan hy ’n pasgemaakte vrag kombineer om alles aan die boer te lewer vanaf een punt. Chemvet is kostedoeltreffend omdat sy vervaardigingsaanleg by sy hoofkantoor en fabriek in Germiston in Gauteng geleë is.
Chemvet het volop voorraad op sy totale produkreekse. Kontak gerus vandag dié kundige span vir ’n kwotasie by 011-437-9000 of besoek hulle webwerf by www.chemvet.co.za