Categories: Artikels, HulpbronbestuurPublished On: 9th December 2025

By Interbilt is tyd geld en Hypertherm sorg vir die snykrag

By 4 min read
727 words

DSC05537

By Interbilt is tyd geld. Trokke en waens wat staan, beteken dat kliënte se besigheid ook stilstaan. Daarom reken hulle op Hypertherm se plasmasnyers om die werk vinniger te doen en ’n mooier sny te kry.

Interbilt Truck Repairs is in 1999 gestig in Bapsfontein, Ekurhuleni. Hulle beskik oor twee moderne werkswinkels waar hulle spesialiseer in kommersiële voertuigherwinning, insleep en herstel. Daarbenewens is hulle ook bekend vir aanpassings aan voertuie.

Johan Lemmer, die maatskappy se sleepwa-werkswinkelbestuurder, vertel dat hulle spesialiseer in vragmotors en dat baie van hul werk in versekering is, soos ongeluksvoertuie wat skade opgedoen het.

Die uitdagings van staalherstelwerk

“Wanneer dit by snytoerusting kom, soek ons iets wat vinnig werk. Tyd speel ’n groot rol in ons maatskappy. Hoe langer ’n voertuig by ons staan, hoe meer verliese lei die kliënt,” verduidelik Johan.

In die verlede het hulle snyfakkels gebruik, maar die probleem daarmee is dat dit te veel hitte afgee en die staal soms skeef trek. Omdat hulle op onderstelle werk, kan dit groot probleme veroorsaak as die onderstel te veel hitte kry en gevolglik skeef trek.

Michael Smit, een van Interbilt se bakbouers, sê dat dit baie moeilik was om voorheen snywerk netjies uit te sny met ’n snyfakkel.

Hypertherm het die oplossing

Interbilt se pad met Hypertherm het begin met ’n CNC-plasmamasjien, en sowat ’n jaar gelede het hulle hul eerste Powermax105 SYNC-plasmasnyer aangeskaf.

“Ons moes die tussenraamwerk van die onderstelle uitsny, en met die snyfakkels was dit bitter moeilik. Maar die Hypertherm-plasmasnyers het verskillende punte wat die snywerk net soveel netjieser en geriefliker maak,” sê Johan.

Intussen het hulle nog twee masjiene gekry en ’n derde een is reeds op pad.

“Die Hypertherm-plasmasnyers wat ons nou gebruik, is maklik en vinnig en sit nie soveel hitte op die staal nie. Die uitsnywerk maak jou voorbereiding vir die sweiswerk ook vinniger en makliker, sodat jy minder tyd aan slypwerk hoef te spandeer,” sê Johan.

Hypertherm Powermax

Hoewel Hypertherm verskeie plasmasnyers verkoop, gebruik Interbilt die Powermax 105 SYNC.

Die Powermax105 SYNC is ’n lugplasmasnyer wat gutswerk (gouging) en snywerk op staal van tot 32 mm dramaties vereenvoudig. Die masjien beskik oor outomatiese prosesopstelling deur middel van gevorderde RFID-geaktiveerde SmartSYNC®-fakkels, en ’n revolusionêre data-insamelingstelsel wat gebruikersdata aan die operateur kan verskaf.

Voordele van die plasmasnyer:

  • Sleepsny – vir die sleep van die fakkel direk oor die werkstuk
  • Sny met verlengde reikwydte – vir beter sigbaarheid en toeganklikheid in beperkte ruimtes
  • Uitsny met verlengde reikwydte – vir beter sigbaarheid en toeganklikheid tydens uitsny in beperkte ruimtes
  • Fyn snywerk – vir nou snywydtes met minimale hitte
  • Vlak sny – vir sny nader aan basismateriaal met ’n 45°-hoek
  • Maksimum beheerde gutswerk – vir presiese metaalverwydering en vlakker gutsprofiele
  • Maksimum gutsverwydering – vir aggressiewe metaalverwydering en diep gutsprofiele
  • Gemeganiseerde sny – vir draagbare outomatisering en tafelsny

Hypertherm-snypunte

Hypertherm se snypunte kom met hul bekende SmartSYNC-fakkels wat nie net ontwerp is vir ’n spesifieke doel in die snyproses nie, maar ook data versamel en analiseer.

Hierdie snypunte is maklik om te identifiseer met duidelike kleure. Die RFID-geaktiveerde SmartSYNC-fakkels en -snypunte stel outomaties die stroomsterkte vir jou plasmasnymasjien in om opstellingsfoute uit te skakel.

Met ’n slimfoon-app kan jy jou snypunt skandeer en al die data op jou foon sien: hoeveel keer die fakkel afgevuur is, wanneer en waar probleme opgeduik het, en hoeveel keer jy die snypunt nog kan gebruik voordat dit vervang moet word.

Waar Michael voorheen elke keer die snypunt op die snyfakkel moes verander, kan hy nou net die snypunte in sy sak dra en binne 10 minute opgestel wees vir ’n ander snymetode.

Powermax maak gutswerk maklik

Interbilt moet gereeld gedeeltes van onderstelle uitsny om dit reg te maak en dan weer terug te sweis. Hiervoor gebruik hulle die gutstegniek. Michael vertel dat hulle dit nog altyd gebruik het, maar met die snyfakkel was dit baie moeilik.

“Baie keer is dit nodig om ’n part uit te haal, maar jy wil nie alles rondom dit beskadig nie. Wat jy ook al uithaal, wil jy weer kan gebruik. Jy wil basies net die bietjie sweiswerk wegsny om die part te probeer red. Met die plasmasnyer is dit vinnig en netjies,” sê Michael.

Johan sê dat hy beslis Hypertherm sal aanbeveel vir diegene wat ’n maklike, netjiese manier soek om staal te sny.

Hypertherm het verskeie plasmamasjiene. Indien jy meer oor hulle produkte wil leer, kan jy hul webtuiste besoek by www.hypertherm.com

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0