By Genade-boerdery dra ELIM se produkte by tot sterk wortels en ’n sterker oes

DSC03011
Lowergroen koringlande by Genade-boerdery.
’n Goeie wortelstelsel is noodsaaklik vir ’n plant om water en voedingstowwe doeltreffend op te neem. ’n Goed geankerde plant lei tot ’n gesonde oes, en in Hopetown lewer ELIM GreenLIQ ’n merkwaardige bydrae tot ’n gesonde wortelstelsel en opbrengs vir Genadeboerdery.
Genade-boerdery in Hopetown
Hannes Bruwer van Genade-boerdery bestuur die Hopetown-eenhede van hierdie boerdery. Hier boer hulle met koring, uie, groenertjies (dehydrated peas), popcorn en lusern.
“Die gronde by Hopetown wissel van rooigrond tot riviersand en kleigrond. Ons rooigrondplase lê hoër en is ietwat beskut teen skelm koue, maar die pompkoste is hoër. Die plase met riviersand en kleigrond lê laer en het weer ’n groter risiko vir koue,” verduidelik Hannes.
In sy 18 jaar as boer vertel Hannes dat hy altyd op soek was na ’n oplossing om ’n sterker wortelstelsel te ontwikkel. Só het hulle op ELIM se wortelstimulant GreenLIQ afgekom. Later het hulle die produk ook in die plantvoor begin gebruik. Hannes werk reeds lank saam met ELIM en Brandt-produkte.
“Ons het baie saam gegroei en ek dink van ons voorstelle het gelei tot die verbetering van die produkte,” sê hy.
Hulle wou ’n produk hê wat in beide die plantvoor en rygewasse gebruik kon word. “Ons het ook iets gesoek wat vroeg ’n goeie wortelmassa kon gee vir beter voedingstofopname – en dit is hoe ons op GreenLIQ Plus besluit het.”
Volgens Hannes is die saailinge sedert die gebruik van GreenLIQ eenvoudig sterker. Die plante kry die voedingstowwe wat hulle benodig, en GreenLIQ voed ook die mikorrhiza in die wortelsone.
- By Genade-boerdery dien Hannes-hulle ook van die ELIM-produkte deur hul spilpunte toe.
- Hannes Bruwer in die koringlande by Genade-boerdery.
Wat is GreenLIQ?
Hennie Cloete, landboukundige van ELIM in die Noord-Kaap en Wes-Vrystaat, verduidelik: “In die Noord-Kaap is daar redelik hoë pH-gronde, daarom gebruik ons GreenLIQ in die voor by meeste van ons boere. Ons sit dit ook onder die pekanneutbome.”
GreenLIQ bevat drie hoofkomponente:
- Vishidrolisaat
- Vloeibare kelp
- Gis-gefermenteerde melasse
GreenLIQ is geformuleer om plantegroei te maksimeer. Dit bevat ’n wye reeks makro- en mikro-elemente, plantstimulerende hormone asook ensieme wat die plante voed. GreenLIQ stimuleer die natuurlike grondmikroflora wat grondgesondheid en vrugbaarheid bevorder.
Vishidrolisaat word tot ’n vloeibare fase gemaal sodat die natuurlike bindings deur biologiese prosesse bewerkstellig kan word. Dit is uitstekend vir plantgroei en hoog in stikstof.
Gis-gefermenteerde melasse word al jare lank as grond- en plantvoeding gebruik. Die proses verwyder eenvoudige suikers en konsentreer die voedingstof- en aminosuurprofiel.
Kelp is ’n kernkomponent in biologiese landbou. Dit bevorder wortelontwikkeling, rypweerstand, blom- en vrugset en stresweerstand.
“Ons het in die verlede goeie reaksie gekry met GreenLIQ, veral by Genade-boerdery. Hulle terugvoer het gelei tot verbeterings in ons formules – vandag het ons ’n uitmuntende produk,” sê Hennie.
Vir ELIM is dit belangrik om na die wortelstelsel, mikrobes en die plant as geheel te kyk om ’n sterk, gebalanseerde plant te vorm.

Hennie Cloete, landboukundige van ELIM in die Noord-Kaap en Wes-Vrystaat.
Gelukkige boere kom ’n lang pad
Hannes het ’n merkbare verskil in sy gewasse gesien sedert die gebruik van GreenLIQ Plus. “Ons het ’n groter wortelmassa gesien en die plante het weliger gegroei. Hulle is almal groeikragtig en ek glo meer wortels beteken beter voedingstofopname en uiteindelik ’n potensieel hoër opbrengs.
“Ek sal GreenLIQ en GreenLIQ Plus aan enige boer aanbeveel wat graag meer geld in sy sak wil hê,” sê Hannes trots.
Genade-boerdery en ELIM werk al lank saam. ELIM bied die boerdery die vryheid om te toets watter produkte die beste vir hul gewasse werk. Volgens Hannes is dit ’n oop en eerlike verhouding waar voorstelle en klagtes in ag geneem word.
“Ons is lief vir proewe en wil seker maak dat daar goeie waarde vir geld is met die produkte wat ons gebruik. Alles word deeglik getoets voordat ons dit kommersieel gebruik. Ons is baie tevrede met die ELIM-produkte en kry waarde vir ons geld,” sê Hannes.
ELIM werk landswyd saam met agentskappe. Indien jy belangstel in ELIM se produkte, kan jy jou gewasadviseur kontak of hul webtuiste besoek by www.elimfertiliser.co.za.

