Bristow Bonsmara-veiling

bristow_bonsmara
Bristow Bonsmara se produksieveiling is op 15 Junie by Bandelierkop Veilingskrale gehou en die afslaer was Mike Killassy.
Daar is 28 bulle verkoop, die gemiddelde prys was R29 357 en die hoogste prys R58 000. Agt koeie en agt kalwers is vir ‘n gemiddelde prys van R16 438 verkoop en die hoogste prys het vir R19 000 gegaan. Tien dragtige koeie is verkoop teen ‘n gemiddelde prys van R15 200 en die hoogste prys was R17 000. Terwyl elf dragtige verse teen ‘n gemiddeld van R12 045 gegaan het en die hoogste prys vir ‘n dragtige vers was R14 500.