Brahman-bul vir R800 000 verkoop

800-000-brahman-bul
André Kock en Seun, Limpopo, het ‘n reuse Brahmanveiling op Saterdag 10 Desember op Warmbad aangebied. Dit was ‘n produksieveiling van R10 Brahmane van Llewellyn en Corrie Labuschagne. Die R10 Sir Christoff 314/12-spogbul is vir R800 000 aan Paul Duarté van Pretoria verkoop.
Alle vorige rekords vir Brahmanbeeste is herskryf:
- Hoogste prys vroulik: R10 Lady Gina De Manso 93/15 – R100 000 – Koper: Christiaan Botha, Swartwater
- Wit bulle 13 – R142 461,54
- Wit vroulik (verse en koeie ) 20 – R59 850
- Rooi bulle 5 – R48 000
- Rooi verse 5 – R37 000
- Gemiddeld van 43 diere: R 82 182,56 (semen uitgesluit)
Die laaste veiling was voorwaar ‘n hoogtepunt vir die Brahmanjaar. Dit is bygewoon deur 425 mense en 80 geregistreerde kopers. Die Brahman Beestelersgenootskap van SA het Llewellyn en Corrie Labuschagne van R10 Brahmane bedank vir die hoë gehalte diere wat hulle beskikbaar gestel het.
| Diere | Aangebied: verkoop | Gemiddelde (R) | Hoogste (R) |
| Bulle | 25:18 | 116 222,22 | 800 000 |
| Koeie | 9:8 | 51 250 | 75 000 |
| Koei en kalf | 2:2 | 52 500 | 75 000 |
| Verse | 15:15 | 57 800 | 100 000 |
Bron: Brahman Beestelersgenootskap van SA
