Bokhaarmark open bevredigend

Angora+Goat
Die aanbieding op die inleidende veiling van die winter verkoopseisoen was gekenmerk aan ‘n kombinasie van winter en somer skeersels sowel as saderige bokhaar.
Die Rand het met 3,3% teenoor die Amerikaanse Doller verswak in vergeleke met die vorige veiling en teen R13,29 verhandel. Goeie kompetisie het op die dag tussen die verskeie kopershuise geheers en 706 van die 714 bale wat aangebied is, is verkoop wat die verkoopspersentasie op 99% te staan gebring het. Prysvlakke was relatief onveranderd in vergeleke met die laaste veiling van die 2017 somer verkoopseisoen.
In vergelyking met die eerste veiling van die winter verkoopseisoen van verlede jaar gelede was die gemiddelde mark aanwyser 5,4% duurder op R188,27/kg. Die gemiddelde prysvlakke van winter-kleinbokkiehaar het met 2,9% gedaal na R268,44/kg in vergeleke met die ooreenstemmende veiling van die vorige seisoen en jongbokhaar was 6,7% goedkoper teen R213,66/kg.
Daarinteen is fyn grootbokhaar 7,4% duurder op R199,22/kg en sterk grootbokhaar 13,3% duurder op R184,35/kg.
Die volgende veiling van die winter verkoopseisoen is geskeduleer vir 5 September 2017.
Bron: BKB