Bokhaarmark relatief bestendig

Angora+Goat
Op die tweede veiling van die somerverkoopseisoen het die goeie kwaliteit skeersels wat aangebied was die mark ondersteun ondanks ‘n sterker rand. Die rand het met 1,4% teenoor die Amerikaanse Dollar versterk en teen R12,96 verhandel.
Die gemiddelde markaanwyser het met 1,1% teruggesak tot R184,73/kg. Somer kleinbokkiehaar en jongbokhaar was nie kwoteer nie omdat daar geen somer markaanwyser op die openingsveiling was nie. Fyn grootbokhaar het met 1,4% tot R194,70/kg gedaal terwyl sterk grootbokhaar met 0,6% gestyg het tot R175,26/kg.
Die volgende veiling sal op 28 Maart 2017 plaasvind.
Bron: BKB