Beter produksievlakke? Nvirocrop weet hoe!
NviroCrop bied onafhanklike landboukundige dienste wat jou kan help met jou boerdery se volhoubaarheid. Hulle is nie gekoppel aan die insetbedryf nie, maar glo daaraan om boere te ondersteun in hulle besluitneming voor en gedurende die groeiseisoen.
NviroCrop maak gebruik van hulle eie inligtingstelsel, Precision Gateway, en deur middel van satelliettegnologie en datastelle wat op die platform ingevoer word, kan hulle regstreek jou plaas moniteer gedurende die seisoen.
Die maatskappy is gevestig in Potchefstroom maar werk regoor Suid Afrika, Zambië, Kenia, Ghana, Namibië en dele van Mosambiek. Hulle spesialiseer in beide winter- en somergraangewasse, asook vrugte.
Vir kundige raad om jou produksievlakke te verbeter kontak NviroCrop vandag.